Ydelheid
Hoe verganklik kan mens wees ploeg met ander man se kallers grootmanskap mammon verrot ydelheid onbeduidende nikswerd dinge gekoppel aan wereldlinge skaamteloos behaagsiek en ingenome met eie ek pasop! haastig hond verbrand sy mond praalsiek ligsinnig sonder nut ydel vermaakte woorde sonder grond vlamme dans in my rond vuurspuwende bol kook in my binneste op […]
Giggel verlig
Gly deur wolke van mis op ‘n vrolike lente kus sag sprei die maan haar sharme oor middernag Warm speel die son se strale op groen sagte blare dit is ‘n metafoor vir die lewe om te lag, sing en dans Fluweelsag satyn gly oor my wese en laat my weet ek is jou keuse […]
Heel die geestelike wonde
Soos Dawid, edel en rooi van gelaat Is j Hannelie, vanGod n heler, daar gelaat. Soos n borrelende, pratende genesende fontein. So sien ons jou siel, meer as net n droe fontein. Jy is n stille engel van siel en stukkende harte. Ja hy is meer as net n stukkie mens, vir almal n bate. […]
voodoo-p0p
Ek dra my hart op my mou. Jy knip dit uit. Jy vat dit vir jou. Jy sit dit in jou skoen en trap daarop…. My mou ‘n gapende gat- hul stik dit weer toe en borduur ‘n skewe glimlag op my gesig, maar die gare raak op. Jy speld jou woorde deur my kop […]
Digter sonder fênsie leestekens
Digter sonder fênsie leestekens Reeds aan moedersknie in teelaarde van ñ skrywer, jou eerste verse die lig laat sien – op brose jong ouderdom het jy “Dogter van Jefta” geskenk aan die samelewing Jou getroue weergawe van tienerwees in die skool en klaskamer eerbaar reproduseer- soms ook natuurtonele laat deurskemer in hoe jy jou sorgelose […]
Dit is volbring
Dit was toe die son sak; dat haar hart volmaan (oor ‘n lewe) haar drome himalaja – hemelhoog oor berg en piek want ‘n wil wat w-e-e-t sal nooit ooit van sy siel vergeet. © 2017 Caren Kearley Kopiereg voorbehou
Ek Afrika
deur ‘n (on)begeerlike landskap wat trillend vibreer; ritmies en dorstig diep in jou hart kruip soos sonstrale se lag wat salig oor jou spoel jou wese kan stom klop met sy hart se skop ék Afrika jy my Elysium op díé oop klip van Tafelberg vou ons nou ons hande saam voor hierdie hemelsmaal van […]
Joviaal
Vandag wil ek my woorde om jou vou alomdeur jou drome huppel ; jubel in jou jywees en menswees jakôna wêna! vir ons vriendskap; sonder mense soos jy sal mense soos ek niks wees. Met opgewekte emosies wil ek laggend my arms om jou gooi jou hart se voorportaal v-e-r-l-i-g met my lofliedere want jý […]
DIE SKEPPING VAN ‘N STRAATVROU
in die eerste straat het sy kaalvoet in knersende koue gestaan – haar lyf verkoop vir ‘n snotvreter en couch potato se voortbestaan in die tweede straat het sy in bose bottels verdrink en voor sy omkap die laaste druppel witblits geskink in die derde straat het sy soms oorgeslaap onder plafonoë se flikker wat […]
Nuwe drome
Somber blou en grys geel en oranje strepe verf flou sonstrepe wat woes in die lug gryp Die nag is lank die wind is koud en ek soek-soek tussen die sterre na jou Op ‘n einde is die winter gister se verliese word vandag se nuwe drome maar vir nou is jy net ‘n stille […]