Gebroke vrou
Gebroke vrou Jy sien haar staan verslete, hartseer en gedaan sy was eens voluit vrou maar die lewe het haar afgeknou Die plooie op haar voorkop die oë wat verby kyk die lag wat net by haar mond stop die hart wat alles opkrop Jy weet die oë kyk, maar sien nie veel haar hande […]
Fees in die reën
Die lewe is ‘n fees nie altyd sonskyn en rose of ‘n pad met blink spore maar God is groot en verheug my gees Oor die wye dreigende see kan ek Hom al my lag al my hartseer gee
Rabbedoe
Rabbedoe Rabbedoe, jou kaalvoetkind, saggies trippel op die ritme van die wind. Jou vrolike skaterlag, trek almal om jou se aandag. Jy wat nooit terugstaan, maar altyd ‘n weg deur baan. Jy het die wêreld kom verander, met die spoed van ‘n reuse brander. Jy gee nie om wat ander dink, laat nie toe dat […]
Hôistaan gedagtes
Ek jaag my denke hôi om onder tuig te kom en bloots ry ek die eons om wat wyd t’ruglê – só blikners seer! Soos gister nog, voel ek die bandoms in my sak; die kettiemik uit doringtak wat gom laat drup uit snye seer; ek sien die skemering sag op die aarde val en […]
Joanne se storie
Joanne moet die moeder wees vir haar ma. Sy is moeg vi die verantwoordelikheid
‘n Vers vir jou
Met my vinger vers ek jou naam – traan vir traan deurdruppel in ‘n winterskwatryn hierdie lewe was nooit ons s’n nie, en dit wat ek nog wou sê sal vir eers in ‘n vers moet lê want woorde is grensloos soos jou stem nou, spoorloos. © 2017 Caren Kearley Kopiereg voorbehou
PAD
Die Pad. Kort pad lang pad kronkel pad Pad vol gate nuut geteer of oud Grond sement of gras Maklik moeilik glad of rof Is lankal se tyd uitgelê en bepaal Geen maklike roete is aan niemand Beloof jonk middeljarig of oud Maak geen verskil stap sal die mens stap Selfs die dier in die […]
Maanlig drome
Ek (en jy) en die sekelmaan het mekaar altoos mis verstaan ek wou ‘n droom vir jou baar onder die maan se wiegende ligsnaar. Iewers in my dol kop se galop los jy toe enkel-reënspore oor die hoogste sandbank in my hart se woestyn. Net soos die stukkie maan in die diep swart hemelruim spartel […]
Lykwoorde
(“Actions speak louder than words”) Bleek bewus van die wete dat sommige eggo’s deur klankbane gis en teerheid verbrokkel tot ‘n afsoen metafore gebaar in snikke onder lykwoorde om van alles ‘n leë fasade te maak opsoek na ‘n bietjie warmte in ‘n hart van staal Soms word woorde stil-gebore gewieg deur die wese van […]
Lila mymerings
Fluweel sag kruip hierdie nag oor die voue van my dag my vlerke sleep stofstrepe oor alle helder voetspore en vernielde verlange. Papgeplukte drome val sekuur vas teen die maanlig-mas van hierdie ster beligte nag. Hang my tog teen jou versies vanaand nog, asseblief woord-vir-woord herskryf my tog tot bywoner van ‘n gewone grote bestaan […]