Die haat van ‘annatjie
Jou Donker gedaante weerkaats in die spieël Skreeuende bek wat haat toesnou Soos ‘n skim in die nag kom steel sy jou lag Vreet jou van binne soos larwes en suur Verteer die self tot net karkas oorbly Deur leed betower terleurstelling verower – Sluimer haar dier in jou agterkop Lek aan jou wonde met […]
Golwe fees
Golwe spoel oor en oor oor onsigbare bande en onbekende verlange iewers het ek my hart verloor sweef op ‘n golwe fees vloeiende vanuit God se Gees
DIE DUIWE MAN .
Die besonderse duiweman het ek ontmoet. WAT N BESOBDERSE MAN! Die liefde vir sy duiwe kom uit sy hart Sy duiwe word gestuur regoor die land. Hy vlieg sy mede duiwelede aan die brand. Soms op afgelee plekke word hulle gestuur. Dan salhy geduldig wag tot laat in die dag Vir sy louter plesier. Die […]
Die Wapenrusting
Om jou lyf gegord, die waarheid so Heilig Gekoester in Sy Vader-hand so veilig Geregtigheid bedek jou bors Sy lewende water les jou dors Die evangelie van vrede aan jou voete ‘n Pa wat voorsien aan jou elke behoefte ‘n Skild van geloof wat die wêreld afweer en sal Hy jou van die dwaal-padjies keer […]
Genadefees
hier word die nagmaal bedien dis die fees van die genooides die boemelaars en on-erkendes wyn en brood gratis voorsien uitgestorte genade onbeperk ook vir die sonder kerk © Anzé Bezuidenhout
Sonder jou
Sonder jou… Saam met jou wil ek die see besing kaalvoet loop en skulpe vir jou bring jou hand wil ek vir altyd vat jy vul die hol plekkies in my hart, werk my rafels met jou woorde vas jy’s die borrels in my vonkelwynglas Vir altyd wil ek jou onthou soos nou jou vir […]
DIE WIEL DRAAI HFSTK 4
HOOFSTUK 4 In die jaar is Marietjie Struwig soos n blom wat tot sy volle ontluiking kom. Sy het ten volle jong meisie geword en so n mooi meisie trek aandag. Veral die matriekseuns breek hulle bene oor haar maar sy steur haar nie aan hulle nie. Soos haar broer is sy ook maar n […]
Fees van kleure
Elke kleur skryf ‘n verhaal jy is die rooi in sonsondergang ek is hier om al die mooi vas te vang so word ‘n storie vertel met elke kwashaal dit is ‘n fees om deel van hierdie skildery te kan wees
My denke
huilend wolf my verlange oor die krom van die sekelmaan aandblomreuke salf die kneusings van my siel terwyl bidwoorde fetus op die hemel van my tong blindelings klingel windklanke in braille deur die heilige branders van my denke wat in algeblaar huil dan kry my woorde nuwe voetvlerke en ry sorgloos oor die pieke van […]