1. Joodse Grappie, die Vriendin
Die Joodse Grappies – Dit is wat die Jode ondermekaar vertel; in teenstelling met die Jodegrap – Dis wanneer bose mense die Jode wil beledig en hulle slegsê. Die Joodse grappies het dikwels ‘n „slim” rabbyn: ‘n Rabbi wat dikwels sy vertwyfelde gemeendelede die snaaksste raad gee. Maar nie net rabbyne maak mal voorslae of […]
In ‘n blou droom
sien ek jou op my pad huis toe. Jy ry deur Paradysstraat op ‘n blou fiets. Jou broek en hemp lyk sag – ‘n ligte denimblou. Jou oë is blou. Jou oë lag en jy waai vir my. Jy lyk gelukkig … en ek is bly, want jy was so lanklaas werklik gelukkig. © Carma […]
Die diepste dors
Mag die reën nooit ophou val nie – nie voor waters stort oor klip en krans nie, nie voor die strome loop nie, nie voor vleie blinkblou stoot nie, nie voor vinke neste bou en tussen riete dans nie, nie voor die laaste stof gaan lê en die grond ophou om dors te wees nie, […]
DIE WIEL DRAAI HFSTK 5
HOOFSTUK 5 Die 12 klas staan doodstil onder die waterkolom in Bethlehem se rangeerterrein met net n lui rokie wat by die skoorsteen uittrek toe die bussie stop om vir Jannie en Hans af te laai en die dagskof personeel op te laai loko toe om te gaan afteken. Aan die oosterkim is die son […]
Vir ‘n malgas
Soos ‘n malgas – by Lambertsbaai – wat altyd weer terug huis toe kom en neerstryk op eilande van sand (na ‘n dag van wind en weer en water) om rus te vind op land – só was jy nog altyd. Weggevlieg, maar omgedraai soos ‘n malgas doen by Lambertsbaai. © Carma Shaw 28 Oktober […]
Klankfees
Eksentrieke semantiek tot klanke gegiet, om vermaak te bied wat weerklink as gevoels-fonetiek… Mistieke ou lirieke wat jou wink en noot-vir-noot sielsgenot skink
Sonder fees
Soms wonder ek wat vir my wag ek lees die asemteue in stilte is daar vryheid in ou grense is daar nog fees in elke dag soekend loop die mens alle afdraai paaie na sy wens
Wat is…
Wat is Kersfeestyd… Net ʼn joligheid met kuier en plesierige gekras? Want deur die drinkery, gevloek en bras word smerig ontbloot ons skynheiligheid… Ag, verlorenes, los dié varkenskos; vlug na die Kruis en word feest’lik verlos!