Gee my jou hand
Gee my jou hand Jan-Hendrik maak sy oë stadig oop. Die aanbreek van die nuwe dag wys teen die gordyne in die kamer. In die skemer sien hy die vae lyne van die skildery teen die muur; die spieëltafel in die oorkantste hoek. Hy sien die blomme in die vaas wat sy skoondogter gister op […]
Félicitations pour votre vie
op my duin daar is nie plek vir haat geen plek vir beuselagtigheid daar sweef gedagtes soos meeue beskou die diep blou see verleë alles wat ek daar sien gebeur die afgeronde jare in eeue lankal terug tot vandag wie jy was en is gedeë aangeslane goud miskien maar blink net onder jou vel waar […]
Melankolie
Ek vra hom hoe voel hy die meeste van die tyd… daar diep binne waar ek nie kan sien nie. Na ‘n oomblik se peins sê hy “melankolies, nie ‘n diep, donker depressie nie, net… melankolies”. En dit sit my aan die dink. Wat laat mens melankolies voel? Wat beteken melankolies eintlik? Die HAT sê […]
Kersfeeswonders
My nuwejaarswens van ‘n duisend sterre vir ‘n ieder en ‘n elk het my gedagtes weer laat koers kies na kerstyd as kind. Sterre laat my altyd aan kersfees dink, sekerlik vanweë die kerstoneel in die kinderbybel met die Betlehemster wat helder in die hemel hang om die pad aan te wys. Vandaar seker ons […]
Die geur van onthou
Tog wonderlik hoe mens se sintuie jou gemoedstoestand kan beïnvloed of jou skielik na die verlede kan verplaas. Klank, geur en beelde kan jou oombliklik herinner aan gebeure uit jou kinderjare en glo my, hoe ouer mens word, hoe sterker word die assosiasie tussen sintuiglike waarnemings en onthougoed uit die verlede. So paar jaar gelede […]
Water krisis in die Weskus
die Boemelaar se bordjie het altyd heel bedees gelees… ‘n bietjie kos, klere of ‘n week se werkie is welkom nuus uit die Weskus sê sommige restaurante weier kraan water aan hul klante en glo later in April is die water klaar die Boemelaar se bordjie gaan nou lees, gee tog net ‘n bietjie water […]
Repelsteeltjie
Meulenaar dwaasheid Koning gierigheid vir goud dogter huil so luid laat dwerg se ore tuit sel koud spin sonder skaamheid sê kinderloosheid vir goud
Avondskelk sonder woord
Die Avondskelk van jou liefde het my gevoed nadat doodskaduwee van my gedors het… daar het jou aanraking my flenter gemoed gebalsem teen natuur se aanslae en wet, jou lag was my baken wat oor horisonne strek en ek het geglo vreugde is my tog beskore al was ek eens totaal en al verlore, met […]
Galgeit
In jou woud van rustigheid verdrink ek aan verlatenheid uitgelewer aan wind en weer ‘n siel skrynerig van seer Gedistansieer my gevoel met werklikheid, versonke in my eie vergetelheid, pynsend – afsonderlik gedagtes – afgrondelik Dwaal ek tussen hede en verborgenheid, dronk van die lewe se ongenaakbaarheid, staan ek naak… onder die suiderkruis wat waak. […]
Die Vrou – my vriendin
Ek spartel tussen woorde van mooi en spesiaal – maar tog is jy my egte “awesome pal”. Koppe het ons geskuur … ja tot jou binne mens ontluik en jou omgee blom – al neig mensdom om te knak te oordeel en aan te plak, is jy altyd daar sonder om te vra deel jy […]