Ek vlug soms, lief
Goud Ek vlieg soms oor ons land, my lief ’n enkeling aan’t vlug van hierso tot ’n verweg plek soos duiwe deur die lug. Ek vlieg soms waar die wolke wit oor berge heen en t’rug so asof ek nie bang is nie soos duiwe deur die lug. My lief, die veld is soms […]
Die skei-ding
Die skei-ding Ons het trou beloof “tot die dood ons skei” maar jy’t jou laat verlei en toe los jy my. Noem dit nie liefde nie, wie probeer jy bedrieg? Dit is geweld en roof wat jy reg probeer lieg! My gees gebreek my hart gekraak hier diep binne my soek ek na wraak. Jou […]
Alleen pad
Alleen pad Die pad loop loodreg word nou en klein tot dit op horison verdwyn skielik net weg… Ons liefde loop loodreg totdat ons pas verloor met mekaar ek jou verlangend agternastaar as jy alleen die pad vat. © Stephan Uys 2018/07/17
hartswoorde
uit haar mond hoor ek dit nog woorde wat refrein en bestaan op winde kom dit aangesweef oor duine dwarrel dit in sirkels uit haar soete lippe ontsnap dit woorde van wysheid en waarde oneindige liefdeswoorde gevleuel deurdrengende betekenisse soet oorlog en eensaamheid oorleef ruisende en opruiende woorde wat volk se kinders sal kan wek […]
mnr venter en mnr flenter (opdrag 2)
mnr venter en mnr flenter (opdrag 2) in ontwerperspak en gucci-skoen churchill sigaar en bmw cabarnet en portsoen-soen tweelingbroer van sp geldklokkies lui in glim en glorie eksepsionele sakeman jazz en blues euforie passievolle samaritaan waarom is jy wat jy is? want my pa was ‘n alkoholis… in vodde vuil en stukkend-skoen weggooi stompie en […]
Oorwinning (OPDRAG 2)
In war gemoed waar jy pal na labirint-antwoorde soek; irrasioneel – redelik verdwaal met denke motgevreet en voosgetrapte wil; ploeter jy onbewustelik, salig voort na ‘n selfgekose doodspoort. Skrik betyds wakker besef jy woeker in verkeerde akker; trek skoene van bereidwilligheid aan beklee jou in nuwe hoop omgord met vaste wil; sodat jy beur na […]
VERDAMP
my lyf is ‘n tydwrak in jou hande van vergeet – jou hande kon eens die ritme van woordkuns weergee die plofstof het verdamp in ‘n eensame sug en verlange is die hoop wat ons liefde isoleer die tasbaarheid van tyd se wysers is die winterkuil waarin ons skuil my lief, jou afwesigheid is rein […]
KAMELEON (OPDRAG 2)
KAMELEON blink geskoen glad gepars wit boordjie skree ek’s heilig uit mooi trap reg trap sjarmante heer als in beheer uit jou hart so kliphard duifsag koer gewortel in soutsuur stroopsoet woorde die wêreld vol uitbasuin volmaakte heer volmaakte man volmaak soos jy in jou blink skoene staan maar niemand ken jou ander sy nie […]
Ons dans die pad (opdrag 2)
Jeug, jy met jou rooi leerskoene en kolletjiesrok… saam het ons die lewe laat rock snags deurgedans op fyn polfytjies – soms kaalvoet op tafels by studentepartytjies – ons het vreugde en vryheid van jonkwees gesmaak nie bekommer dat môres ooit minder sou raak deur die jare heen steeds my metgesel enkeld-tesaam met ons rooi […]
Onreg
Kom haak aan my hart ‘n lanfertak sodat verbloem kan word my diepseer smart. ©Driekie Grobler