SHEIK NASSER AL BYAN
Jong sheikh Nasser al Byan se kop ruk op. Hy kyk sy moeder aan asof sy skielik in ‘n ruimtewese verander het. Hy het gehoop sy het al vergeet van die troustorie. Aarde, hy is ‘n man van agt en twintig. Hoe kan hy haar toelaat om vir hom ‘n vrou te soek? “Begin Ma […]
boetedoening van die onskuld(skuld)iges (Opdrag 2)
elke week een maal word die beste eetservies uitgehaal die tafel kreun onder oorvloedige voordoen oorbodigheid as jy klokslag met ‘n witgepleisterde hart opdaag en met voorgee jou bitter soet plig betaal ons praat oor dit en dat maar niks wat werklik saak maak ons samesyn is net skyn… blink gepoets ons woorde wat bly […]
Opvoedung 2: Twee Kinderspeletjies
Deesdae kom ek al hoe meer in die genot van „Outoppie-vergaderings”. Da kom meniges na bo wat ek miskien al vergeet het, ook heelwat wat ek nie geweet het nie. ‘n Paar van die dinge wil ek maar opteken. Ek het al vertel van ‘n samekoms waar iemand volgehou het om na te vra tot […]
OPDRAG 2: Jekyll en Hyde
donker het skalks geglimlag toe hy, blink stefaans, met sy blinkpuntskoene sy kreukelvrye broek en hemp, gedas haar voete onder haar uitlig met sjarmante woorde en donjuansoene hy Jekyll, sy skoonlief maar sou jy lees tussen die lyne sien jy nie die luide stil pyne sorgvuldig verberg tussen donker en lig teen dagbreek pik sonlig […]
Versoeking
Versoeking kom klop mos altyd aan jou agterdeur in die nag. Die nagte wanneer die maan weier om sy valse lig deur jou vensters neer te stort en selfs die sterre agter stormwolke wegkruipertjie speel. Ek praat van daardie nagte wanneer dit selfs nog donkerder binne-in jou is. Dis in daardie duister waar die duiwel […]
Sonsondergang
ek kon my toe nie verskans: van jou karmyn- en okergeure wat gewigloos asystool teen die venster van die dag – die hersenskim wat soos ‘n diep verlange, geluidloos glimmer op die drumpel van die nag ek wou nog groet by die bergpiek van ‘n sekelmaan, jou kwynende gedagtes in die hoeke van die melkweg […]
Geld wat stom is
In rooidag se guldestond fladder verwyte vlymend rond soos vonkvlinders wat ywerig na die sterre raap voor ń nuwe dag die nag se laaste asem ylings op kom skraap Terwyl hy heelmaak wat krom is met geld wat stom is koop sý hom soms met ń varingblom om… betaal hy vir liefde wat hy nóóit […]
Integriteit is nie te koop nie (Opdrag 2)
Sondag voor in die kerk gaan jou stralende skynheiligheid blindelings ongemerk gebaadjie en gedas met Gucci uit jou kas en ‘n vet rol tiendes om jou gewete blink te was want Maandag by die werk tref vlymskerp vloeke sterk verneder en vergil jy almal op jou pad Tussen die armes van gees mag jy ‘n […]
Waar die hart is (opdrag 2)
dikwels, as ek deur hierdie voorstad ry en spitsuurmotors kruie blink by my verby laat ek my blik teësinnig oor dié vooruitgang dwaal: groot huise en fabrieke, torings in die mis, die vaalheid van die vaal sement, die ongenaakbaarheid van staal huis voel nou soos ’n ander plek: dis ’n Kannalandse droom waar die aarde […]
My stamboom
Deurgrond lê jou wortels diep geanker waar die oppervlak noukeurig wording vind in die noue ontkomings van jou stamboom jou takke vleg deur die groen van ñ woud waar jou selfbehoud standvastig gevorm is deur die waardes van gister se groeipyne getroon staan jy gelykvormig bo pieke van genade uit en kan jy die horisons […]