Laat my sien deur jou oë (Opdrag 2)
Dis Vrydag… en son klim handeviervoet oor die horison met verkeer wat met rooi oë slangkronkel teen die bult uit – en blink oë wat spikkel-spikkel terugkom ons sit soos winkelpoppe op ‘n ry… gesigte strak, hare gekam met hier en daar ‘n silwer Samsung styf teen die oor of ‘n wit rookwolkie wat by […]
Die foefie slide.
Na my en Jannie se teer debakel, was daar ‘n verstaanbare kommunikasie stilte tussen die twee gesinne. Wat dit eindelik tot einde gebring het, kan ek nie meer mooi onthou nie, maar dit moes dalk ‘n troue of begrafnis in die familie gewees het, wat die twee susters weer na praat gedwing het. Hoe dit […]
DIE DAG TOE ‘N VROU GEBREEK HET
“My vrou is stukkend, sy is ‘n koolkop,” sê hy oorkant my in die sitkamer. Ek gee ‘n kekkellaggie. Hy lag. Ons sit en kyk vir mekaar en lag. Daar is niks anders om te doen as om te lag nie. Hy kom nie nader na my toe nie. Hy sit daar asof in ‘n […]
Pretensieus (Opdrag 2)
ek sweef op die soetsuur noot van “ek lief jou” waar ons toekoms blink in die weelderigheid van jou oë en ek veiligheid vind tussen die resonansie van fluweelwoorde wat ʼn illusie van volmaaktheid skep die realiteit was toe nooit jy nie uitgerafel en verflenterd staan ek tussen my eie braaksel van herinnerings vol sagte […]
Inversie (Opdrag 2)
verslete herinneringe van ʼn eens gebroke lewe bittersoet memories hang aan hierdie toiings my bedelaarsbondel bestaan uit die sweetste sorrows eindelose genade in amper niks hê nie my grootse joy lê in die sagte kreukels van jou mondhoeke soen die sterre ons goodnight in ons koerantpapierhemelbed oorweldig deur maskers van weelde vermom ek die verlange […]
ek voel nog
koue druppels streel my wange sagte yskoue misweer wat sweef om my lê die ryp spierwit gevries elke grashalm krimp ineen daarvan voëlgeluide is skelm afwesig bibber teen my sy staan jy stil en koudkry elke asemteug bring wasem-wolke jou hartklop op my onderarm tob waar dit oor jou skouer koester hitte geprojekteer uit my […]
Teenaanbod (Opdrag 2)
Met das gegalg en prada geanker in rigiede grein van linker brein moet my bid Mammon se oor logies bekoor sodat sy seën met klaterflonker en groter pronker my kan bekeer tot dogma wat leer dat die hemelroete geteer is maar die pad wat regs van midbrein kartel lok my gekoördineerde spartel om gewigloos te […]
Met sincerity-Opdrag 2
Met sincerity sal jy ooit die druk verstaan van besigheid en bestuur dienste en beleggings geliaseer, en die spanning daarmee? jy is seker onbewus hoe lyk die groter besigheidsplan uitgespel aan aandeelhouers, in finansiële winste op hul geld? ‘almiskie nie minee, met respect, ek salli wieti ma ek sê ôk djy salli wiet hoe voellit […]
Plaas vakansie
Wat kan dan nou lekkerder wees as ‘n skoolvakansie op die plaas. Vir my, wat op ‘n plaas groot geword het, met die voorreg om elke dag met ‘n bus skool toe kon ry, seker nie so lekker, as vir die kinders wat op die dorp gebly het nie. Maar, reeds toe, het ek geweet, […]
Nooit (Opdrag 2)
Nooit (Opdrag 2) Fier fris en vroom man van aansien die dominee van ons: sagte woorde altyd ‘n oor ‘n arm om die skouer woorde wat troos bemind (die susters giggel) en geliefd so mooie man geskenk aan ons in die donker kwispel sy stert word bloedbelope oë ons gloeilampe gebalde vuis en dowwe stamp. […]