Wees waaksaam (OPDRAG 4) – SUGGESTIE
Die brandwag staan paraat, waarsku ieder en elk (oor dit wat saak maak) om selektief te luister – ‘wees wakker, wees waaksaam’. Luister na jou binnestem sodat jy betyds kan rem, nie deur paradokse propaganda mislei sal word – ‘wees wakker, wees waaksaam’. ©Driekie Grobler
Die donker god se waan (opdrag 4)
sal ooit die donker god verstaan dat hy, verhewendheid te spyt, geskape is – soos ape – in die orde van primate sal ooit die donker god verstaan dat hy deur hebsug en selfwaan – homself tot godheid durf beslaan – alleen sal ondergaan ©Estelle Rubow 30/07/2018
Reën
wanneer wolke woedend aangesweef kom dan bibber sterre van vrees son en maan speel wegkruipertjie oor barsting op pad donderslae laat aarde kreun soos weerligblitse foto’s neem elke keer wanneer wolke ween van opgekropte hartseer oor dorre uitroep van die wêreld blomme en gras drink dorstig druppels seëninge van bo riviere loop laggend vol om […]
Opdrag 4: ek is naby
ek lê ‘n wit veer voor jou voete neer… was ek maar wyser sou ek meermale luister na jou stem – fluisterend op die wind – wat my soos ‘n sipres in eden se lanings vind my seer gees salf met lawende elikser sodat ek my eie pyn stom verslae neerlê aleer ek (nogmaals tuimelend) […]
Nagtoneel (opdrag 4)
het ek my dalk dit bloot verbeel – asof in ’n donker tafereel – die vrou wat om die hoek verskyn net voor sy in die nag verdwyn haar hand nog rooi en ongewas die hef wat in haar palm pas die lag wat oor haar lippe speel – asof in ’n donker tafereel © […]
Ek wens jy was hier
My lief, ek wens jy kan sien hoe die lenteson soggens deur die wintergrense breek en die koue elke dag verder die vlaktes indryf terwyl sý soos ‘n ryp appelkoos haarself fier aan die hemel ophys en die nagblou heuwels met aller mooi skakerings van rooi violet, oranje en goudgeel verlig Ek wens jy kan […]
kom en dans
dans saam met die golwe dans saam met die deining dans en huppel oor die duine raak ontslae van al jou pyne kom en dans as jy gelukkig is kom dans van verlorenheid dans oor sand en strand open jou hart vir see ©Teárlach
fynbos
op my duin is daar fynbos in my hart is daar fyn en grof berge met inheemse bos groen blouwater skuim om my voete hartseer oor alles wat verby is herleef alles wat mooi was leef elke dag se sonlig asof daar nog jare se sonskyn kom waarin sonstrale deur fynbostakke loer en verryk ©Teárlach
konsentrasiekamp
vader, hoor daar duiwel se geluide slepende kettings wat snags my hart verstil moeder hoor daar dood se voetstappe marsjeer heen en weer my maag stap saam boetie hoor jy die wind wat waai deur tentflappe trek tog die kombers op my nekkie vries en pyn sussie voel jy nog seer gaan vir mammie roep […]