Opdrag 3: Haar meester
sy sloer-sleep voetgang laat moeisame spore tussen klip en rots, beurend voort immer voorwaarts verlore en verlate in hierdie godssonder woesterny onder ‘n skroeiende son, vind sy hand ‘n kruik eens verlore wyl sout sweet biggelend sy lip benat hy kragteloos neersak, dan sit, sat vryf sy hande smekend oor die kruik voor hom soos […]
SY SAL (Opdrag 3)
SY SAL hierdie jong vrou sal dit kan doen die hemele voor haar wyd en blou haar hare wild verwaaier soos die hunkerings in haar hart sal sy onbesorg in strome niks bestaan of sal die eerste beste warrelwind die wese uit haar liggaam slaan sal sy kan swewe sonder kos of rede vir mense […]
Openbaring – Opdrag 3
Openbaring (Opdrag 3) Jy lê geëts in my siel verewig en diep-diep weggebêre my liefde vir jou versteek soos ‘n doodskleed op my solder die onthou van (dit mag nie) ons ongekroonde liefde wat toegegrou moes word bly agter my ribbes vasskop die kraak in my soldermuur kraak wyer ons geheim bars en breek deur […]
Tienduisend sterre sterf
Op ‘n silwer skinkbord het ek die sekelmaan se glans en tienduisend sterre voor jou voete neergelê om dit saam in ‘n ritueel van liefde die donker nag in te slinger sodat dit kan voortskyn net soos ons liefde in ‘n sfeer van ewige onthou maar soos die nuwe dag vanoggend in halfhartige omhelsing van […]
SIEL VIR ‘N WINSKOPIE
SIEL VIR ‘N WINSKOPIE Orals klink geluide…. Iemand lag Iemand vloek Iemand huil Iewers ver soebat n tienerwrak vir nog ‘n trip op die coce trein Neon. Grou, grys beton ‘n Hoer ‘n Junkie ‘n Satanis …. en n vyftienjarige stuk weggooidrek wat als sien; hoor. Als VOEL Uitverkoop deur Rekenaar Die Establishment… En onbetrokke […]
O tyd … o tyd, staan stil (OPDRAG 3)
tik-tok, tik-tok vreet ou langeraat die sekondes op hou ons daagliks onverpoos aan die draf, sonder rus of stop met ysere klou, klou hy verbete aan ieder en elk se gewete toon wynig simpatie of genade vir slakkepas se agtergeblewe dade ‘n horlosie dié wil ek hê uniek, sodat ék self kan hê ‘n sê […]
God het jou geroep
Jou skaamtes volg jou stomp en sonder om genade te sien jy lewe ñ sondige bestaan doelloos dit groei en teer op jou mense se vingers wys na jou en die oordeel wurg jou binneste die leemtes se manifestasies van seer lewe om te soek na vervulling in aardse dinge en in die midde van […]
Trane in die as (Opdrag 3)
Onder gister se ou nuus weggesmyt aan wintersknou ontbloot is sy toegewoel in ‘n donker gevoel van totale verlatenheid vêr van genade na aan haar dood voel sy hoe snerpende koue aan haar beendre klou en gate in haar grou gemoed grou vorentoe agtertoe heen en weer word haar veglus tot stilstand gewieg soos ‘n […]
Waar kan ek haar kry? (OPDRAG 3)
Soos mis voor die son verdwyn sy ver weg van my waar slegs haar soet reuk bly gly my gedagtes terug in tyd. Kan sy my ego hoor waar ek soos ‘n uil nog huil haar asem fluisterend in my oor terwyl hartseer my deurboor Haar kantrok is nog altyd aan my kant presies waar […]
Jesus ons Heer
Jesus ons Heer Sou enige mens ooit waarlik die gesag verstaan in die naam wat duiwels op die vlug laat slaan daar is ontsagwekkende krag in Jesus se naam dis die naam waarvoor ek my nooit sal skaam. Sy genade is altyd onverdiend Sy beskerming dikwels aan ons onbekend sou ons in die gees kon […]