Jou oë was waterblouerig.
Ek onthou steeds die eerste dag wat ek in jou oë gekyk het dit voel so lank terug dit is so lank terug ek onthou nog hoe jy eers gehuiwer het en toe met my gepraat het hoe jou oë seer was maar jou mond geglimlag het. Ek wens ek kon jou weer sien.
Verbeterde denkwyse
Hierdie jaar gaan ek nie dat klein dingetjies my ontstel ek gaan my emosies beheer en my hart gee wat hy begeer Ek wil oor probleme uitkyk my lewe nie met ander vergelyk wil nie ‘n lied sing van die koue of ‘n bang een van woestyne My denkwyse my wese vul met ‘n veld […]
My nuwe dagboek
Dit het die regte formaat vir belydenisse en dis omgewe met geheimsinnigheid romantiek, sensasie en ja selfs ‘n beduidenis van verveligheid Soms is dit ‘n herhaling van daaglikse gebeure of net ‘n tergende gedagte roekeloos en opstandig En dan is daar die klimaat wat ook boeiende skryfstof kan wees dis ‘n bontgenoot of medepligtige ‘n […]
Menswaardigheid
grysheid lê sowaar by ouderdom want met die wysheid het die sierlike kroon gekom het dit ons oues van dae wat reg gelewe het bereik silwerwit het hul dit gewys met glimlag sag om die mond en oê wat tevrede bly blink wanneer iemand hul pad kruis gebukkend het hul jou genader party met ‘n […]
God se blou
in die songloed van laatmiddag skemering vorm wolke die nagtelike kombers oor koel waterstroom wat blink in die sonsondergang se laaste sien troon die silhoeëte van palmbome in die donker skadu tussen naggeluide word ek weggevoer in gedagtes om die bloue hemel God se “blou” weet ek iewers in die woord word God se “blou”beskryf […]
Klawerbord en die liefde
saggies hoor ek die klawerbord in die agtergrond gespeel deur die een wat my die grootste vreugde bring maar hier diep binne in my lê daar ‘n leegte soos min want groot is die liefde tussen my en hom maar ‘n verskriklike alleenheid pak my beet want waar eens ‘n tere familie band was van […]
da ja da tie
vader van die wind ook vader van die see maak golwe briesend kwaad maar soms kalm soos ‘n meer dieselfde vader van die land maak hoë berge imposant woud wat groei en blom wuiwende grasveld koel bergstrome water wat ook see toe spoel daar is net éen dit weet ek ©Teárlach
genoeg
klokkespel van golwe diep in gedagte gedolwe sweef seemeeu oor my duin my hart staan stil by gesiggies vrolike laggies vol verwagting vir wat nuwe skooljaar bring party gelapte broekies staan skaam en koes kyke na kaalvoete wat skoene nie ken wat ontbyt net ruik wat smag na geluk van ‘n veilige huis smag na […]
By Die Vuur
By Die Vuur Ek sit tussen almal by die vuur Hoeveel langer sal die aand duur? Binnekort moet ons weer vertrek Elke tree los n helse merk Maar my vriende maak my wonde skoon Hulle hou my moed goed in toom Wanneer aand weer kom sal ek weer droom In donker is ons veilig Die […]
Koos in die Kruger Park
Koos in die Kruger Park, deur Stephan Uys So ‘n jaar of wat gelede gaan Koos en sy vrou met hul kroos Kruger Wildtuin toe vir ‘n vakansie. Koos boer in die Vrystaat, en hy is ‘n bul van ‘n man. Hy het vroeërjare proewe vir die Bulle gespeel, maar in ‘n wedstryd teen die […]