Meermin (Opdrag 5)
ek verstaan dat jy wil loop: die salpetersak is swaar my lief en sonlig ongefilter ek weet jy wil nie bly nie: die deining is te monotoon en rotstroon ongekussing maar voor jy landlangs loop oorweeg vlietend tog my wens in sand gevingerploeg vir jou: min- my-meer © Denise van Rensburg 07/08/2018
Stil die stemme
Stil die stemme Die tolbos rol om om om kakie groei welig wiele rol om om om ratkas krap olie tip tip tip opiaat my maat dowwe oë gefikseerd myn ontplof kop bars oop soos spanspek web draai vas donker nektar vloei benewelde denke sinne onlogies hardloop hardloop kry dekking mortiere swoesj bloedbevlekte klere stukkies […]
Genade (OPDRAG 5)
in die oë van ‘n kind neem ek telkens waar ‘n stukkie van U vaderhart staar in verwondering na die son wat soggens die lug met lemoenstof kleur dan borrel my wese oor van dankbaarheid voel ek skatryk en geseën want U liefde is onbeperk (dié) voedingsbron waaruit genade vloei ©Driekie Grobler
Herfs-vergiffenis (Opdrag 5)
tyd vir afstroping dieper kyk BESIN tyd om God te loof vir ‘n leeftyd van genade ewigheid gemeet aan tydelikheid van ‘n ondergaande son malse somers gou verby… hande wat soveel kon hou soveel verloor het elke rimpel diep gekerf bultende aarvate op brose herfsblare sal binnekort vergaan tot stof ©Evanthe 2018
gewete
het ek maar geweet dan sou ek nie gedoen het spyt kom altyd laat ©Teárlach
laat my
my duin is vanoggend vars laasnag se wind het skoon gevee so voel my hart ook na nag se rus te vergeefs probeer spyt my neertrek siel sweef bo alles wat oneerbaar is helder skoon golwe speel rustig stilte voor nuwe kouefront ver oor horison lê koue dreig reeds met mis koue mis die keer […]
Sirkelgang (Opdrag 5)
geel damp die stof in die laatlig van die son – poeiergoud – warrelend om en om soet geur van saagsels talm in die lug, galmend nog die saaglem se skrille krete of was dit dié van bome, oopgekloof jaarringe in sy oë getatoeëer sirkelgang van dood … en dié van nuwe lewe ©Estelle Rubow […]
Hantam heuning
jou soene stroopsoet soos heuning uit die Hantam
Ou siel jonk in gees
Die nederigheid kan jy sien in haar oë wanneer sy vir jou vertel van haar lewe haar hande lyk oud en verniel maar dit is vir my mooi want dit wys haar hande het al hard gewerk geplooi sprankel haar persoonlikheid wanneer sy praat oor dinge na aan die hart sag is haar stem vol […]
Enkel belydenis (opdrag 5)
my liefling, dit was lente – ek wou laf wees (soos ’n kind) ek wou bloeisels ruik en langs lelies sit wat room kelk op some van ’n vlei tussen suikerbos en steenboksriet wou ek – naas jou – midde fynbos staan want dit was lente ek wou jou liefhê (dis maar al) © Carma […]