Where is love
Mens raak jarig en “soos ou wyn” – ja tog, as dit aan jou nekvel soos nog swaartekrag kom hang, dan weet jy die versagting van jou plooie en die wysheid van jou grysheid word nou eufimisties voorgehou en jy sal nooit weer die jare en bietjie skoonheid van ‘n jonkwees kan herbou. Jou tyd […]
Tanka Nuwejaar 2 – goud
getye verloop soos sand wat deur vingers val word ek lig en vry ou dinge’t my siel kom vul en die jaar het nuut geword
Tanka Nuwejaar 1 – goud
stadig breek die dag die son baar ‘n nuwe jaar nuwe lewensweë mag somerson se skynsel ‘n blos op jou wange los
Emosies in die donker
Emosies in die donker. Hoe sou jy die donker beskryf. Daar waar jy met hom gesels. Jou diepste intieme gedagtes deel. Daar waar jy jou-self kan wees. Ek verstaan hoekom is mens so bang. Vir die monsters wat jou wil vang. Vir die asem wat blaas in jou nek. Die oordowende stilte wat jou bedek. […]
Vanaf…
Vanaf… Vanaf ek kan onthou. Vanaf ek my-self bou. Vanaf ek kon besluit. Vanaf ek kon fluit. Vanaf ek kon warhede hoor. Vanaf ek uitgeval van die koor. Vanaf ek bereid was om te lewe. Vanaf ek bereid was om te vergewe. Vanaf daai tyd het ek besef. Vanaf daai tyd het dit my getref. […]
nuwe lewe
nuwe lewe ‘n druppeltjie in die see ‘n kolletjie op ‘n tarentaal almal mortal-mense verdwaal tussen hier en daar tussen harte en wense ’n klein daad die val van ‘n korrel saad in stil-ontrou ‘n winter van berou tot die saad opklink uit die aarde nie as onkruid ‘n pragtige nuwe blom Tia©️ 25/1/19
Nuwejaars Tanka
nuwe jaar baljaar sweef met genade skoonheid van vurige blaar drifting dansend deur die wind ontvlam hoop gloeiend vuurwarm ©Jessica Venter 26/1/2019
KLEIN-TYD
KLEIN-TYD Onverhoeds stap die blougestrikte poniestertkind ‘n huppel deur my grootmensdag en ineens ruik die son na wasklam kosblikbrood skooltasnuut o, ek wou dat ek weer kleure kon leer herken soos van meet af aan alles bekend heerlik vreesloos lief kon kry! ek sien haar wag onbevange, oop rég aan die voet van die lewe […]
NET ‘N STUKKIE WIT
NET ‘N STUKKIE WIT Die wilde ritme van die nag bars dwarsdeur die vlam en vuur van die son; en die donker sypel deur al die splinterruit krakies van die dag. Omvou en verlok die suiwer blink van die maan; totdat dit in ‘n wit sluier ontplof en weerloos-naak die misterie van die Kunstenaar bemin. […]