Tanka 2
(goud) immer edeltin en bruis die oseane, baar kraakvars branders wat die nuwe dae groet – soutwater word vonkelwyn © Carma Shaw 28 Januarie 2019 4:52
RESENSIE: Die rolprent, Altyd in my Drome
RESENSIE: Die rolprent, Altyd in my Drome Sulke ou-modiese goeters: Swart/wit, 4-by-3-formaat. En dan nog Nico Carstens met sy ou boeremusiek op die pensklavier. En Al Debbo eers! Agge nee, net nie dit nie! Daaruit kan niks word nie. Verkeerd! Verkeerd! Vals! Gaan klim op ‘n ander trem! ◄]:o(٤_(o;╞ Uit die oude doos, ja. Nee […]
Nuwe Jaar Tanka
‘n Nuwe begin wanneer die horison kleur in wonder ontwaak versprei die son se strale ‘n nuwe jaar wat ontvou
affiniteit
sand sluk seewater soos meeue kril sluk mense sluk stories skelms wat oortuig die golwe sing hul lied weergalmend oor my duin elke geluid suis deur my ore raak weg in gulsige geheue my duin is wit warm vandag die son brand elke sandkorrel my vel verbruin en verdroog soos koring blare wat verbleik die […]
Rynvaart
ich weiss nicht was soll es bedeuten dass ich so traurig bin maar ek kan van dors nou vrek tussen water sover die oog kan sien is jy met jou besoedelde deinings, Ryn, jy laat my sweet en sweet op ‘n boot se dek hier tussen Duitse Fräuleins met lang beenhare en koel bottels wyn, […]
weer teen fracking 2019 (Tanka) (Silwer)
perkamentbarste verpoeier die bar Karoo ’n boorpunt klief rots en water spuit genade – vars fontein van trane, hoop © Charleine Collins 28 Januarie 2019 Foto: Rocco Erasmus (wateraanwyser – Graaff-Reinet) © Januarie 2019
OU KINDERDAE
OU KINDERDAE Dit is nou vir jou gewis wanneer die kat weg is is die muis mos die baas jongklomp is die baas op die plaas hulle gaan saam in die sand byt om die kat in die donker te knyp in die geheim stoutighede aanvang die ou buurman is hulle nie voor bang die […]
BETTIESBAAI BRAND
BETTIESBAAI BRAND Brande kom nou inderhaas magtige wind wat die vure blaas rmanne slaan vlamme op die plaas so staan ek verslae en verbaas verpletter is my emosies my gesig het my verlaat soos ‘n wyse baas wat nie meer kan praat ‘n dooie liggaam is veras proe my neus die vebrande as lê swartbrande […]
Innerlike Groei
Dalk is ons takke van dieselfde reuse boom, wat dikwels veg teen en met ons oer-ou-wortels. Groei ons na ons binne-lig.
Nasionale sport
Die middel van ‘n rugbyveld is die beste in die nag met pawiljoene leeg en niemand beweeg daar’s geen skare of skade, geen krag teen krag dis stil sonder fluit en niemand trap uit daar’s geen spotlight of fight geen doellose try net ‘n aandlug wat saggies en soel deur jou hare waai en jou […]