Jongste aktiwiteit:

Januarie(Bladsy 2)

“Jy kan ook net soveel keer in n deur vas loop jy weet”. Sy vou haar arms beskermend oor haar lyf. Hoeveel keer moes sy al hierdie woorde hoor. Die monitor beep beep saggies en sy luister na sy rukkende asemhaling. Moet sy of moet sy nie. Dis maklik, draai net die drip se kraantjie […]

om die see te hoor om die golwe te hoor om die seebries te proe dit is lewe tussen meeue tussen fynbos en duine oeroue rotsformasies grysbokkies se blêr uile se skor geluid hartklop van weskus eenvoud van mense vrede en plesier ongekunstelde lewensstyl ©Teárlach

GEVONNIS IN WIT Die willose onthou van die lag in jou oë hou my gyselaar. Sonder losprys. Sonder verweer. Net rou genade. Onverdunde emosie; wild geskeur uit ‘n ou argief toe…. Daai aand toe jou mond fluister-sag teen my asem gefluister het. Skryf vir my ‘n versie, toe ‘n versie net vir my. Aspris. Aspris […]

Passie Duisend perde hoewe dawer teen die witvlek van my oor Ritmies en in metrum volg my pols hul spoor Vlindervlerk my vingers die kontoere van jou lyf Omkring hul elke detail in fynspoor sproei geksryf Seepskuim borrel sagte sleepsel oor die krombuig van jou rug Verlustig ons tesame aan die verbode vrug. Stomend warm […]

Gedagtes dwaal oor grense van skeiding en verwoord wense, drome, begeerte en verlange – brandend die vlam van liggame smagtend die siel na konneksie ontkennend die ondenkbaarheid, onmoontlikheid ‘n wordende werklikheid, soekende nabyheid en aanraking – net ‘n beeld, ‘n stem se verwoording van die onnoembare woorde luister tussen lyne vir ontknoopte klanke; tussen geslote […]

Die liefde is soos roosmaryn of wilde klawer, geelryp graan wat laggend spelend wind-af staan, die liefde laat jou huppel, stilstaan, neerbuig, opstaan… Die liefde laat jou lewe, stadig sterwe, alles raaksien niks verstaan nie… net die stilpyn van die vreugde wat ‘n hart se ritme ken, of laat stilstaan as die vreugde of die […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed