Jongste aktiwiteit:

Verbode

Gedagtes dwaal oor grense
van skeiding en verwoord wense,
drome, begeerte en verlange –
brandend die vlam van liggame
smagtend die siel na konneksie

ontkennend die ondenkbaarheid,
onmoontlikheid ‘n wordende werklikheid,
soekende nabyheid en aanraking –
net ‘n beeld, ‘n stem se verwoording
van die onnoembare woorde

luister tussen lyne vir ontknoopte klanke;
tussen geslote lippe lê twee harte ongedwange,
wagtend oor dimensies van tyd
soos ‘n blom ontluik word die woorde ryp –
ontvou verblydend sag – vir jou, het ek lief!

© CJ Laing – 23/01/2019




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed