OORLAT
“Dis maar ʼn valerige plekkie.” merk manlief diplomaties op toe ons Volksrust binnery. Ek glo dat die dorpie eens heelwat anders daarna uitgesien het as vandag. Ek herroep die skoon breë strate, netjiese huise en goedversorgde tuine van talle soortgelyke dorpies uit my jeugdae. Vandag lyk hulle verwaarloos, vuil en deurmekaar, daardie dorpies waardeur ons […]
TYD
Tyd sand korrel korrel deur die nou poort van die uurglas hoop drup drup deur die buis tot in my liggaam vrees murmel prewel woord vir woord word ‘n bang gebed net ‘n onseker poging om tyd uit te koop tyd saam met jou tyd saam met ons kinders sal ek oorleef? of sal ek […]
Tydsberekening
Hy luister hoe die man vertel die tydsberekening het uitgestel. Mitose het verwaand geraak, ‘n vasgehaakde skakelaar. So ongehoord, haar eie lyf wat onverstoord van groei gaan vrot tensy die vreemde dokter voor hom ingryp met die vlym… Hy wou die dokter vra: As kanker dan die antwoord is op kinderlose vrae, het Gód se […]
Vader Tyd – ʼn onmisbare ergernis
Tyd is nie tasbaar nie, dit kan nie gekoop word nie, kan nie opgegaar word nie en oënskynlik is daar altyd ʼn tekort daaraan, veral vir die moderne mens. Tog is dit iets wat sonder ophou voortstap asof daar geen einde is nie, en dit wag vir NIEMAND nie. Dit het geen emosie nie en […]
GLIMLAG VAN VERF
GLIMLAG VAN VERF Omdat my mond onbevange skaterlag. En my stem vou om die woorde van ñ oorwinningslied. Kan jy nie glo my hart is stukkend geskeur. Omdat ek al so lank my pyn weggesluit hou binne-in my hart. Omdat my mond wyd is met ñ glimlag van verf; hoor jy nie my innerlike kreet. […]
tokkelossie
skeel-oog se tja-ma kyk in kalbas se kelk sy sè: “jy moet bokgoed ja tokkelossie steel hul melk.” skeel-oog dans n gode-dans al agter die bok hy’t suutjies-suutjies agter die berg geloop hy’t vir mamma-goed gejok hy’t koffie se wit-maak-goed aan kaaiman vir twak-goed gaan verkoop.
die lewe is…..
pik-swart tok-tokkie op die grond tink-tinkie in my tuin op die stoep my troue hond die lewe is n glasie wyn opgekrul lè kietsie-kat nag-swart haartjies sag en fyn reèn-druppels op my huis se dak die lewe is n glasie wyn in die kaggel knetter daar n vuur vèr-af die see se sagte dein in […]
wraak
jannetjie -piet se bicycle klop-klop al langs die donker pad hys dronk in sy kop vanaand gaan die poppe roer wraak sit soet-stil in sy bors want daai slegte jan slang het gister-aand so hoor hy toe die maan skeef-kop lè op die dansvloer by bo-krans glad riel-riel en binne-boud met sý kopdoek rosie gedans. […]
keetmanshoop
as ek so deur my vèr-verle se jare loop dan hoor ek weer die wind by keetmanshoop vir dae aanmekaar kom ruk en pluk hy aan ons huis se venster-raam kom sing hy heimweè uit my uit en hamer aan my venster-ruit al om die hoeke van die huis kom dans die wind en sing […]
onthou
onthou jy daardie dag in februarie toe aardplate begin lewe mens en dier begin bewe onthou jy daardie dag in februarie toe duine nie wou stilstaan treine nie wou regop staan onthou jy daardie dag in februarie toe riviere begin berg op loop die see sy golwe begin insluk onthou jy daardie dag in februarie […]