Storm
storm jy het my storm ingekom meer intens as weg wens dit was raar dit was daar ongenaakbaar naggesprekke sonder horlosie se perke woorde afgeskil oer oue woorde ontbloot versplinter in nuwe akkoorde hartseer totaal verkleineer vrese besweer jy het die stilte gebring met jou woorde in een enkele sin Tia©️
Kasteel van Drome
‘Jy kan vergeet wie jy is in ‘n plek soos dié,’ fluister Tiny. Ek kyk nie terug na die reuse man nie, maar ek weet selfs hy voel klein in die biblioteek waar ons staan. Ek het onbelangrik gevoel van die oomblik toe die ligte aangegaan het. Die rakke hou aan vir ewig en bevat […]
roep
stemmetjie kom van ver daar waar mooi nog mooi was en strooi nog strooi was klanke vibreer in my ore soos geklank van trompette vroeg soos oggend basuin telkens verras dit my nog met oorspronklike oer-klank wat terugvoer na verlede klanke reeds lankal vergete maar steeds weergalmend herinner aan musiek van ‘n jong hart musiek […]
Sykouse ala kaaps
Kyk nê, ek het nog altyd gewonder waar Pieter Pieterse sy wonderlike inspirasie vandaan kry! Na ‘n paar dae hier in Jeffreys ervaar ek inspirasie soos nog nooit vantevore nie. Hier word die skrywer in jou wakker gemaak deur die landskap en die kleurvolste mense ooit. Hulle loop oor van vriendelikheid. Hulle sêgoed verstom my. […]
Droom Ballerina
Liewe maan, wie sal verstaan? Pienk vetervlegsels en wit satyn. Saggies dartel ek in Mozart melodieë; verloor my in die glybaan van jou dansvloer. Swaai ek en draai ek op die goue klank van jou middernag maanskyn. Geslote oë verberg die seer in my. Ek voel die sysagte vingers van jou silwer strale oor my […]
GLIMLAG VAN VERF
GLIMLAG VAN VERF Omdat my mond onbevange skaterlag. En my stem vou om die woorde van ñ oorwinningslied. Kan jy nie glo my hart is stukkend geskeur. Omdat ek al so lank my pyn weggesluit hou binne-in my hart. Omdat my mond wyd is met ñ glimlag van verf; hoor jy nie my innerlike kreet. […]
droom in turkoois
droom in turkoois met ons neuse blinkwit van sonbrandroom toegedraai in die geur van goue kokosneutolie wieg ons saam oor turkoois en indigo golwe besigtig ons hoe dolfyne boogspring – ek en jy op “Meeru Island” se love boat in die Maledive visse lint kronkelend deur ons bene in vlakwater vroegoggend muesli joghurt en stroopsoet […]
Mag daar altyd seevoëls wees
Mag daar altyd seevoëls wees ek skryf vir jou ’n malgas teen Lambertsbaai se blou lug vas – ’n omdraaivoël wat huis toe kom na ’n lang dag oor die see ek sweef meeue en sterretjies en ’n kaapse kormoraan; ek vlug vir jou ’n albatros wat oor stormwaters baan en as jou somerson vertrek […]