PER DALKS MOET EK ‘N NON WORD
PER DALKS MOET EK ‘N NON WORD Uhm – Liewe Bokkie my babie; as jou voetspore noual vir ‘n rukkie geplet is hier in die ruwe grond van geliefde ou Ghwarriegat, nê, dan sal jy bitterbaie goed weet dat ek is nie jou tipiese, gemiddelde, tuinblommetjie soort van vroumensmens nie – my hart is wise-ass […]
genoeg
heerlike sonnige oggend ligte see briesie waai my duin is verlate koue dwing alles terug in hulle gate tevrede sak fisant onder fynbos neer sonlig en sade wurmpies en pik-goed skrop hy tevrede wanneer vind mens geluk wanneer jy te veel het en kan gee of wanneer jy net genoeg het soms word genoeg net […]
Aalmoes kardoes
Op Melkbosstrand word die son se laaste strale uitgemelk voor die nag strakkies sy aalmoes uithaal uit ‘n sterreprag kardoes Westelangs dans die skemer in bloeiende vlamme van granaat en verf bloedgeel vlasse oor ‘n kobalt obligaat Die dag se hart gaan lê in golwende branders en ek stamel klankloos na hierdie grootheid se wonders
kappie
vonkel in haar oë breek lanse vir glimlag skaam kuile donker water wat as skaduryke rivier vloei helder skyn haar wange blank met appel bloeisel kleur lippies natuurlik rooi onder haar kappie skuil donker bruin hare lokkend golf dit onder uit geknoopte lint om haar nek beklemtoon karaktervolle blik van boere meisie soos min sag […]
gelowig
hoe meer ek sweef hoe verder ek van myself beweeg hoe meer verdwyn ek uit my eie dwaas so sweef ek oor verre lande en leer meer van nuwe realiteite waar ek nie bestaan waar my identiteit vervaag en verdwyn waar Lig my lei en my hervorm daarom sien ander my nie sien hulle iemand […]
Dennebos in Afrika
Dié dennebos staan mooi gespasie minimalistiese versiering met ‘n bruin mat. ‘n bietjie Groen Dood Steriel. Dan bars dit oop ruigte dik en hoog wit hout Geel hout Swart Hout sing saam in Afrika.
Lines on your face
the lines on your face tells a story of a journey less travelled of a life that tasted the bitter and the sweet and still survived ©Jessica Venter 15/02/2019
Wintersrus
wanneer winter stil-stil met sy ysige miskombers homself kom tuismaak op my voorstoep ongevraagd sy ysvingers deur my are vleg bibber die wêreld kaal onder sy grys baard sy knieë skuur skurf oor sy vaal matras wanneer die yswind sy skouers met ‘n sneeudeken bedek vind hy sy wintersrus ©Jessica Venter 03/05/2019
verduur verdier
nukke is skaars op my duin van vroeg af uit my doen lysie gewiks met ‘n glimlag van weet deur my pa wat ‘n militaris was behou die goeie van die verlede stap regop en vier sonder vrees klein tyd was dit om te verduur jonges verdier by gebrek daaraan soms was dit erg om […]