My Sonneblom
wanneer die onweerswolke donker en grys oor my horison inrol kan ek altyd my kop na my ma draai om weer krag te kry tussen haar blare vind ek rus want haar gebede rig sy tot God sy water dit met haar liefde en met haar hart van goud helder sy my wêreld op die […]
Afrika Sonsak
daar is niks mooier as ‘n Afrika sonsak waar hy tussen die wolke wegkruipertjie speel en tartend sy laaste strale strooi ©Jessica Venter 16/10/2019
Sonsakgenade
as die hemel sy goudgeel bal aan die horison hang rimpel skemer se koperstrale oor my hartsverlange waar die son sak tussen sy wolkkombers wil ek teen jou lyf kom lê jou sonsakgenade verkleur my wêreld m – o – o – i ©Jessica Venter 16/10/2019 • Foto Erkenning – Geneem deur Hendrik Kruger – […]
Staatsbuideldiere
As die Kangaroe in haar kapoes woorde drae en volstruisagtig aanprikkel soos staatsbeamptes eierkop sit almal soos stoepkakers met kameralense en fotosinteer vuiste gebol en moue opgerol almal uit vir ‘n koppie-teë, daai girls met bubblebutt-houdings en fors manne met egotistiese: “check my uit, check you uit” word almal in ‘n Pornografiese video-band-opname namens die […]
VREDE – (Silwer)
VREDE vasberade loer nuwe lewe deur die donkerste grond stoot sy arms blaar vir blaar soos wyd gespreide vlerke reikend na die son hongerig omhoog om elke straaltjie sonskyn gulsig op te slurp om met ‘n helder stem VREDE oor die wêreld uit te roep © Barbara Smit – 16/10/2019
Wees gegroet, Mnr. Die Grotman Nommer 2!
Goodbye, au revoir, adiós, cheers, koebaai en voetsek – tot in ewigheid. Dit was so saam met bed opmaak vroeg een Saterdag toe Hubby opgewonde vertel dat Derrich Gardner van die nasionale radiostasie, Radio Sonder Mense, die opvoering “Groet die Grotman 2” baie dringend adverteer. En ons moet sommer DADELIK kaartjies koop want dit sal […]
uit die chaos
winde van verandering waai kruis en dwars oor die lengte en breedte van die landskap onder donker wolke van rook pluime swart reuse pilare van vlamme wat alles verteer deur rook gordyn verskyn daar ‘n wit perd elke vlam word voor hom verpletter gedoof ©Teárlach
Ontvoering van Lalie de Nysschen
“Help my iemand, help my!” Sy skop weer verwoed teen die deksel van die kattebak. Ek moet myself los kry. Ineens hoor sy manstemme naderkom. Sy bly tjoepstil. Sy hoor hoe hulle nader stap, dan beweeg hulle weg. Trane loop nou oor haar wange. Sy draai haar gesig na die geroeste slot en stamp daaraan. […]
Vrystaat se sonsak
Hy trek sy straal oor heuwels saam teen die berg hange, weg van die maan Dit is mooi dit is sag `n nuwe kleur, eindig die dag `n Houthuis breek die kleur Of gee dit êrens `n nuwe geur Wat ookal gebeur, dit verkwik my siel nog `n laaste keer Ek wens ek was `n […]
Bosveldstilte deur Lynelle Clark
DAAR IS IETS WAT KENMERKEND is van die bosveldstilte wat jy nie ervaar op ander plekke nie. As gereelde kampers beleef ons dit dikwels. Dit is ‘n stilte wat jy voel tot in jou beendere en jou heel laat. Van die noorde tot die suide van die land is die bosveldstilte eiesoortig. Die stilte se […]