MY VOORKOP IS TE GLAD VIR ETIKETTE
Jy woon ‘n byeenkoms by en word saam met vreemdelinge ingedeel by ‘n tafel. Jy maak, soos almal maar doen, geselsies. “Hallo, ek is Martha.” “Aangename kennis. Ek is Drien.” “O? Hallo, Drien.” “Snaaks dat ons mekaar nog nie raakgeloop het nie. Ons ou dorpie is mos darem nie so groot nie.” “Ja, ek hou […]
tot volgende jaar
met opgehewe magies volgepak met ongewone ryk disse van die feesgety stap oom en tannie stadig laat diep spore in die sand met volgepropte gedagtes aan kleinkinders se gesiggies wat heerlik saam gekuier het oor alles saam gelag en gesels bruin gebrand het in sonskyn met hartseer maar tevrede hart weer gegroet tot volgende jaar […]
Koggelroep
die son het my gekoggel terwyl sy strale verblindend asof tussen glasskerwe kaats en elke slukkie windasem word gesteel onder ‘n Mopani wou ek gaan sit maar die wind het my vel geskroei onwillekeurig het my voete pad gevat opsoek na ‘n dowe plek sonder ‘n koggelroep dit was egter eers deur die donker skadu’s […]
Feëtjies se sterlig dans
Sjuut! … volg my stilletjies kom saggies op jul toontjies ons gaan vanaand gou loer waar feëtjies, hul danse uitvoer kyk … daar skyn ’n floue lig hul dans by ons waterkuil met sterlig sjuutjies op jul tone nou anders verdwyn hul soos wind se fluister gou di li di li dal … di li […]
Koekeloer lag vir ons?
Pastiche (met apologie aan Eugene Marais se ‘Is daar nog trane’) Speel jy met my blikaspaai winkend deur goue rooidag gety borrelend vanuit diepe maag gekraai koekeloer lag vir my koekeloer lag vir my? op skoppelmaaie van geluk baljaar my innerlike kind in geheim’nis laat trane oor my wange gly om ’n kombuistafel, knus en […]
Dalk … net dalk …
Met gehunkerde oë hou grootjies die ingang dop afwagting kom kuier diep in hul harte soos van ouds maar tyd stap stadig aan met geen geliefdes in sig dan doen teleurstelling skielik ’n vreugdevolle dans vat pos en sprei uit na elke hoekie van hul vlees traanskerwe word dan stil-stil in die lydensbeker opgevang met […]
My woordvollewe
Ek wil in woorde verlore raak myself letter vir letter behaaglik toevou al tonekrul-dansend op ewig verskuiwende woordduine wil ek woordkorrels skaterlag hemelhoog opskop sodat dit smeltend om jul neersak ek wil verdwaal in ’n woortynstorm soekend na ewige skoonheid van lewe in digverhale wil ek dit vaslê sodat julle dit in my woordsand kan […]
Ons liefdesvuur (Engelse Sonnet)
Onder stilte van nag se asemhaal groei ons liefdesvuur vir komende dag my hart sing soet ’n ander taal onder alwetende maan se lag ek wil vir jou drome gaan pluk onder sterreboog ons liefdesvuur daarin toedraai vir eendag want sterre kom lê beloftes neer in ons oog winkend voor lê ons toekoms en wag […]
As ek kon (Verbinde shadorma gedig)
As ek kon sou ek hoog bo sweef oor ‘n berg by suidpunt waar Afromontana woud klou aan ooste hang sien ek weer my Tafelberg-vrees spoel deur my wens ek kon daar bo gaan staan en aanskou prag van Moederstad. ©Taai Bonthuys
WAARHEID.
Sê nou net jou man (of jou vrou) foeter rond met ’n ander man of vrou. Gelukkig besef hy/sy dat dit verkeerd is en dat julle twee saamhoort. Hy/sy kom terug na jou toe, maar stel ’n nuwe reël in: jou verjaardag word van nou af op die verjaardag van die skelmpie gevier. Sal jy […]