My woordvollewe
Ek wil in woorde verlore raak
myself letter vir letter behaaglik toevou
al tonekrul-dansend op ewig verskuiwende woordduine
wil ek woordkorrels skaterlag hemelhoog opskop
sodat dit smeltend om jul neersak
ek wil verdwaal in ’n woortynstorm
soekend na ewige skoonheid van lewe
in digverhale wil ek dit vaslê
sodat julle dit in my woordsand kan lees
oorvertel vir jul nageslag
maar bowenal, wil ek lewe woordvol vasgryp
op maat van my eie musiek gaan dans
voor dit wentel op na hemel
saam met sterre knipogend gaan dans.
© Taai Bonthuys
Neologisme
Woortynstorm = woorde woestynstorm
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.