Jongste aktiwiteit:

Desember(Bladsy 7)

“O, blikkies!” In afgryse staar Elsa na die kattebak van haar voertuig, bewend van haar reëndeurdrenkte klere. “Deksels, Elsa! Wat het jy nou aangevang? Eers verloor jy jou selfoon en nou dit.” Sy loer weer ongelowig binne-in die motor. Haar handsak staan mooi, uittartend op die passasiersitplek toegesluit. Verergd stap sy terug agtertoe en haar […]

Wanneer ek droom in ’n ander wêreld gaan dwaal vind ek my gevlerkte siel besig om vrylik te baljaar ek kan kaalvoet tiekiedraai in ’n kleurvolle heide, behae omring met lewensblomme fraai heerlik, drentelend in loskommer dae swewend op maat van eolusharp verkennend in dwarrels van my brein my siel onbevange vry huppelend op weerklank […]

Al die sterre is swartkolk – geblus in die donker – hul helder skyn ingeplof. Woensdag se volmaan dra ’n swartmanel van salpeter, houtskool en swael. Die hemelruim is swartryp windverwaai. Hoe donker is die nag wanneer net hý met oopoë na alles staar. Kerse dood, lampe en konkavuur geblus. Stroopsoet, stil is die nag […]

die see lê skoon gewas vandag oral sweef en duik meeue deur die lug ligte see briesie bring koele suurstof ryke vreugde my gedagtes waai skoon en rustig deur die oë van my gees oral weerklink die ligte stemme van kinders en ouers op strand word daar kastele ontwerp en gebou lugkastele – sand kastele […]

Bitter-suur kus rooidagbreek jou kil asem bedek ons liefde pynlik eggo jou aalwyn mond wat eens mooi was is nou verskeur, aan flarde my vel hunker na jou geurige omhelsing hemelblou-oë wat wolf-fluit oor my lyf ek hoor nie meer jou bekende aroma my ore smag jou heuning-warm stem jou reuk sien ek in my […]

Troetelend vingerstreel wind oor jou bekorende branders skaam los jy jou seeskuimprag in lae op my leliewit strand jou arms uitnodigend oopgesprei speel op my hartstromme winkend diamant-skitter jou oë vol beloftes in vloeibare smaraglyf in eb en gety se ritme swaai jy jou wulpse heupe dans ligvoets, magies, lokkend ontlont diep vurige begeertes fluisterend […]

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed