Vervloekingskruis en ‘n doringkroon
My vel breek met die insny van die doringsteek wat hakskeur aan my vlees. My bloed meng met grondstof aan my hand, los ‘n taai mengsel wat blywend kleef. Versigtig vleg ek die doringtakkies tot kroon, probeer ek die snyseer vermy en hang dit aan die bopunt van ‘n aardse kruis. Met ‘n ysterhaksweep het […]
Maandag skryf ek ’n blouvers
Gister was jou oë my oneindigheid in blou maar vandag, my lief breek die wolke soos wit branders deur elke traan gestort oor jou. Die windswaels het verbygevlieg soheentoe en terug maar vandag, my lief, vandág is hul na elders aan die vlug. En dit is skamel woorde ’n klein versie wat ek rym maar […]
Die dans van die verlore kind
Stil wil ek getuig, asemdiep in my roer ek die roes van die dag met sy langlag sweet; koel is die nag sé greep – ek het my skoene in my beursie vergeet skoenloos-dronk savoureer sonder weet; te wete van die dans – lê daar ‘n morsdood kat; swart is die kat, stil in sy […]
DANS MET DIE ROOI ROK
Dans met die rooi rok, die hartlam van my. Dis die rooi rok, dis die mooi rok, dis die rooi rok wat waai … Al in die rondte, vinniger en vinniger totdat die aarde ‘n draaiende waas om haar is. Sy draai en swaai en gly oor die vloer. Rooi rok. Draai, draai, draai. Mooi […]
My kleivlerke
vandag wil ek my kleivlerke sprei op die klanke van Mendelssohn tot verby die Jordaanrivier om daar ‘n olyftak te soek wat nuwe drome sal bring my voete sal kwartelspore maak op Vivaldi se vier seisoene wat dool op die wind sweef op die groenduif se vlerk ‘n sfeer van voldoening laat kring dartels van […]
Hemelpoort
die dood klink altyd so finaal so hartverskeurend koud, so afsydig maar wees gerus sy’s van haar pyn bevry want die Here het haar kom haal haar treurtrane verander in ‘n vreugdedans want haar leiding is verby in engele arms rus sy sag en saam met die Here se leerskare gaan sy by die hemelpoorte […]
Soet van vergifnis
die nadraai van jou omgee lê bitter in my siel maar in vergifnis vind ek die soet ©Jessica Venter 2/12/2019
Skrywersterapie
as jou hart oorloop van hartseer en verdriet laat jou trane vloei in inkstrepe oor papier totdat jy leeg is dis ‘n skrywer se terapie ©Jessica Venter 2/12/2019