bewus
die dageraad lê braak oor my duin vandag blou wolkies soom die horison met mis eenkant skyn laaste lig van ‘n maan oorkant dein ‘n rustige see my hart is stil gister is oor vandag is nou hier ©Teárlach
Geen grysliggenesing (Brons)
Toe die oopgesperde hemel sagglinsterende sterre buitesluit en my koningparadysvoël (uit sy vlerkskild) met dollevlug sy luggesig vaal okkult met vasgemiste wolke. het versperrende reën se wintervioliere my dryfysige hart karig gevoed. Zebulon Kochk Konnichiwa Gedigte 3 Januarie 2020
Die lewe van ‘n boer
die lewe van ʼn boer so dikwels word verwys na plaaslewe met sterre in die oë – so romanties omstandighede wat hyself nie kies die dae en seisoene is mos gegewe wanneer die seisoene begin draai vol verwagting vul dit mens en dier almal voel dit – die uitkoms is hier oë smeek op horison […]
MY DOGTER SE VERJAARSDAG Spesiaal Opgedra aan my dogter 05/01/2020
MY DOGTER SE VERJAARSDAG Spesiaal Opgedra aan my dogter 05/01/2020 Geluk met jou Verjaarsdag My dogter met jou spesiale dag Ons vier Charlene se Verjaarsdag Mamma is oneindig baie lief vir jou Mamma stuur vir jou die mooiste wense Ma bewaar ons liefde in ‘n veilige plekkie Mamma hou jou in my hart se glaskassie […]
NO REGRETS, IN AFRIKAANS
NO REGRETS, IN AFRIKAANS Weet nou nie of dit iets te doen het met die anderster manier waarop my Bloudruk gekoppie en pasta (copy and paste, mos☺️) is binne-in hierdie wise-ass hart van my nie; maar ek is nie lief vir ‘n inkopiesentrum met winkel tot winkel mense wat soos ‘n verlore Egiptiese plaag my […]
Die Inwoner
Ai tog. Ek het sommer geweet vandag gaan een van dáái dae wees toe die simpel koei weer ‘n uur in die badkamer spandeer het. Na al die tyd het sy nog nie agtergekom dat daar geen salf – of grimering – te smeer is om daai gesig beter te laat lyk nie. Sy wonder […]
Groen Gras
GROEN GRAS die gras lyk groen as die reën dit soen maar wat as droog van son oor die aarde kom die gras lyk mooi in die maan se rooi maar wat as vaal van wind die stingels verslind die gras lyk soet aan die berg se voet maar wat as kou van ryp aan […]
Opdrag vir ‘n Reëngebed
roer jou stingels grasveldlande wuif jou halms in die wind hef jou grootheid oor die rante buig jou berg se rots my kind skink die dieptes van jou branders in ‘n vredes nagmaalkelk hurk jou volmaan voor die melkweg laat jou son se skyn verwelk slaan jou oë op, dorre aarde skud die stof af […]
geloof soos ‘n meeu
dou voordag wil ek antwoord ek sal antwoord op Sy roepstem ek sal offer wat Hy van my vra geen duin of stille sitplek kan daardie sekerheid vir jou bring groei daarin en word volwasse geen aardse besitting kan langdurige geluk aan jou bring geniet en wees dankbaar leer hoe om te besit leer eers […]
Blou-silwer trane
Kyk jy ook in die aand na die sterre en wonder, droom en wens kyk jy ook hoe die maan donsig mooi sy weg deur die donker baan En hier waar ek staan waar stukkies, bietjies inmekaar begin pas vir die glimlag op jou lippe sag Begin my hart versag laat my dieper en dieper […]