Twee trane
Twee trane val oor die ontlykte Aarde- die een die oorskot seer, die ander oor ‘n gebakte peer Twee trane val oor die ontlykte Aarde- die een bloei, die ander die helder groengras dal Twee trane val oor die ontlykte Aarde- dis die alleenkind obduksie uit sy moeder se skoot Twee trane val oor die […]
Volkome Vrou
Wat presies beteken vrouwees? Vrouwees is vêr meer as biologie of geslag. Sy is spesie soos geen ander. In my werklikheid is vrouwees soms presies dieselfde en soms, lynreg verskillend as manwees. Onverklaarbaar, onverstaanbaar, onversoenbaar, verskillend. Met so wye verskeidenheid in verteenwoordiging, wie het die reg om te besluit wat vrouwees nou eintlik beteken? Mense, […]
‘n Bietjie Son
Ek het ‘n stukkie sonskyn uit die somertyd bewaar, dit in ons storieboek gepars net soos ‘n blom se blaar en toe dit koud word in jou siel, en alles om jou grys en vaal, het ek ons storie oopgemaak en weer die son vir jou gaan haal © Anton Bosch 01/01/2020
Lewens’golwe
Soos golwe breek so voel die lewe soms deurmekaar, onderstebo klou gebeure soos sand aan mens vas Dit bied ergter groot uitdagings om lewensgolwe te oorbrug kyk waar die golwe jou gaan uitrol moenie weghardloop van dit Ry elke golf met ‘n nuwe uitdaging ry hom voluit al voel jy nie altyd die grond onder […]
twee nul twee nul
so eenvoudig val die syfers dit glip sommer oor die lippe nog ‘n nuwe dekade aan die kom daarmee saam nuwe uitdagings nuwe pyne en skete onverwags nuwe redes vir dankbaarheid alles nuut – net lewens klok hou aan tik-tak tot sy veer ontspan ©Teárlach
Januarie 2020 projek
Beste INKers Mag die nuwe jaar vir elkeen teen ‘n beheerbare tempo afskop met die nodige voorspoed en guns. In die gees daarvan, kom ons pak 2020 aan in ‘n ligte toon. Die opdrag hierdie maand is tema- en reëlloos. In al die afdelings is jy as skrywer oorgelaat aan jou eie voorskrifte. Ek wil […]
November 2019 projek – Laat-lente – Uitslae en Kommentaar
OPDRAG: Aangesien ons by die voorlaaste maand van die jaar is, is die projek tema hierdie maand “Laat-lente”. Al die kategorieë moet dit as tema gebruik. 1. DIGTERS: Skryf ‘n 16 lyn, 4 strofe gedig. (Geen voorskrifte oor rympatrone.) 2. VERHAALSKRYWERS: Skryf ‘n liefdesstorie met die bogenoemde tema. 800 – 1200 woorde. Dui woord telling […]
seer-mooi
my duin is byna verlate weskus winde waai hom skeef valies hou nie van windverwaaide lokke wit perdjies jaag oor ons baai se golwe mense braai maar uit die wind geniet nog die sonnige dae eerste helfte besoekers het vertrek en nou kom die ander om hul laste te kom afwas in die koel weskus […]
2020 deur my oog
net na eerstelig trek die son sulke ragfyn strale oor die diep blou hemeltrans met die eerste sonsopkoms van twintig twintig lê my duin stil en oral oor die land se kant weerklink die stilte uit wit huisies na ‘n nag van jolyt meeue oes ongestoord voort aan al wat eetbaar is wat in die […]
Digter
In die voue van my maag lê onverwoord of verwerk onbekend in my gedagtes, van my hart. Grommend die woorde soos ’n slegte stukkie kos onverteerd in my, maag. Dit maak geluide gee seer stekies, ń ongemaak wat Wil uit. Dit krul en gly in my swart-rooi binneste, kom skielik sonder wag deur alles na […]