ko tog huistoe
blommetjie kô tog huistoe jou pa se hart verlang na jou blommetjie strooi jou blare al die mense praat van jou blommetjie wees nie treurig reën sal wel weer kom val blommetjie luister tog mooi elke waarderende oog staar na jou blommetjie jy het geluister my hart blom en sing van jou blommetjie jou mooiste […]
Nou Kamers
Mure omring ons vol gedrogte, wat verskiet wild teen mure. Gedagtes bons vedwaas teen die mure, van ń nou brein se bene.
weë
my duin het vanoggend ‘n vrolike deuntjie dit styg op oor die geluid van die see dit dartel en kartel oor die strand ‘n melodie van wonderlike klank oor die seë van die aarde kom dit aangesweef word dit een met hierdie strand waar ek sit en luister na die stem van my Meester ©Teárlach
Limeriek 1
sy trap dat die spoeg om ons spat so jaag sy verby sonder rat verloor sy beheer ontspoor seil sy neer my bliksem nou sien jy jou gat ©Jessica Venter 06/03/2019
Jy ©Eduard Smith
Jy het uit die knal wat oer geklap het (die slimmes sweer dis so) sommer lukraak lyf gekry – iemand met die gelaat van engele en die swier van ‘n leeu, ‘n langvingerdief geword wat my asem kondenseer in dou wat nat smeer in elke vou wat rou en seer somtyds alleen vibreer. ©Eduard Smith […]
Aanval
Deur! steen en stof blits die staal punt klap en skril verby tot in die weefsel wat sagte rooi bloed verwoes. Ruk! oë, verwese spiere oop tot die werklikheid, buite die normale vloei van bloed. Kyk! met oë vuil, modder, stof besmet dan vra manne swaar swanger met vrees red my van hierdie vroeë dood.
vroegaand
vroeg aand het gekom nag het gedaal winter steel saggies die ligdag weg van somer skemer raak gouer weg donker sak toe winter maak dae daagliks korter naguile sweef sag uit hul neste roep dan skor om muise uit hul gate te jaag sodat hul blitsvinnig kan toeslaan op die braak oorkant my venster kom […]
In die Weermag(brons)
Die groot generaal Van Zyl Sit by Graskop en huil Die potte prut Die potskraper hik Hoor hulle hoe die tampontiffies roep. ©Morné du Preez
hekeling
werklik elke dag het meer die skrif aan die mure ryklik kleurvolle neon gekleurde letters maak al lank bekend van wat kom sou jy daaroor praat of skryf is jy glo morbied en siek moet jy bevraagteken die lewe deurgaan hekel almal nou maak jou ‘n hekeling stryk nie met hulle massa-siening van que sera […]