Kommunikasie.
Ai tog werksmense die gort is alweer gaar Die een praat hier en die ander daar sê tog niks hou jouself links ek wonder watse kommunikasie tameletjie ons nou uitklaar.
Die digter wat dig
Die digter wat dig Die digter wat dig wat hy dink sal woorde soos nektar laat klink. Maar soet aangeplak… o, wee – watter twak! Die digkuns word bitter vermink.
duiwel strategie
my duin het ‘n storie ‘n storie so oud soos berge strategiese gedagtes gebruik beste manier van verdediging steeds om opponent aan te val val hul aan deur beskuldiging beskuldig hul van misdade deur jouself begaan so oud is die storie dit kom al vanself voor as mense skuldig begin voel begin besef dat hulle […]
Desember 2019 projek – Dans asof niemand kyk nie – Uitslae en kommentaar
Baie geluk aan hierdie 9 lede! WENNERS GEDIGTE BRONS WENNER No 12 – Theresa Postma met Laaste dans van Grovenor 2DE No 16 – Amanda Meyer De Meillon met Laaste dans met Pa 3DE No 13 – Marsofine Krynauw met Uitgespreide siervere SILWER WENNER No 19 – Charleine Collins met Sy dans 2DE No […]
Silwer- Limiriek
Klein Sannie Verwey van oom Joep Hoor glad nie toe mamma haar roep Verstringel sy Jannie se hare Haar vingers vol moerbeibos blare Nou wieg sy die kind op die stoep
Silwer- Limiriek
Daar was eendag ‘n delwer uit Bloem Wat graag elke meisie wou soen Hy misgis hom met Let Beland in die bed Nou moet hy maar tuiswerkies doen
HERRIE OOR PRINS HARRY
(Brons) Die arme stomme prins Harry verlei, gevry deur ’n mêrrie die wêreld gons nou: het sy hom laat vou, of is als ’n fop nuus hêrrie? ©HMellet
Februarie 2020 LIMERIEK projek
Beste INKers Hierdie maand gaan ons die koeël byt en ‘n bietjie buite ons gemaksone skryf. Ek gaan, om die las effe ligter te maak, geen tema voorstel nie. Ons gaan egter die Limiriek aanpak. DIGTERS: Volg streng reëls en skryf ‘n Limiriek. (doen navorsing as jy onseker is asb.) RUBRIEKSKRYWERS: In die gees van […]
Mooi
Mooi ‘n Suksesvolle skets hang (swaar) af van waar sy buitelyne lê. En al lê ons lyne nou lelik gegiet in swart hét jy eens my hart se mooi, sag omvou. Ek helaas hang steeds hopeloos te swaar aan jou lyne vir my mooi. ©ASvdMerwe
Uitnodiging na Reënboog en Reën se troue (Brons)
o’ broeders en susters en algar wat luister u word vriendelik uitgenooi na die huweliksbevestiging van ons broeder Reënboog en suster Reën wat binnekort gaan plaasvind by Augrabies jul uitnodiging is reeds oppad soontoe plek-plek uitgedeel vir besigtiging so hef jul oë op met lof en danksegging suster Reën is reeds besig om wuiwend die […]