Onaangeraakd
Onaangeraakd Voel jy my ontblote siel se diepslaapdroomgevoel? Kon dit maar skroomloos, minder broos, boomreikend beur oor blou-vêr heen en poog om ongesproke spreuke vas te vat om aan ons grense te verleen. Want my hart smag die holte van jou palm. Maar daar is spasies wat tussen ons talm: tegelyk tasbare storm en kalm’. […]
Goeie Vrydag (Silwer)
Goeie Vrydag (Silwer) Krisis, daar’s nie water nie, dit gaan ons sleg vang! Net nog in die ketel vir ‘n leksel koffie by die brood. Wyn is daar in bottels (maar darem nooit nie voor die diens). Asyn is volop op ‘n rak en daar’s bietjie water in die fridge. Ek kan nie skeer of […]
NSRI (Silwer)
Ek het gedog jy was my reddingsboei, of my rubber duck, maar jy’t gesê ek moes bly stoei, ek sien verkeerd – die water is vlak: Ek moes in die arms van die stingray bly, stekie vir stekie se stadige dood bly ly, myself en wie verkul, want al is sy aard ook hoe, kan […]
God se bedelaar
Daar op die hoek van die winkel staan ‘n omie, bakhand en kromrug. Sy wange is ‘n replika van kimberley se Groot Gat- hol, leeg hy’s alleen. Dié omie se klere kom van ‘n fabriek met ‘n lap tekort met g’n end aan vlekke. Nogals snaaks- hy’t ‘n bybeltjie in sy sak wat vir ons […]
Liefdesdans
dans, dans, dans in die lente dansend ek en jy soos vlinders op die maat van die lentewind jy altyd deel van my ons tol om en om in ons somertyd twee swaeltjies wat huis toe kom saam in ons eie liefdeskokon twee harte word een in die somerreën met my asem in jou is […]
stuipe trek
hier agter my duin is daar oorlog die stof staan behoorlik in die geveg meerkat het vir hom ‘n slangetjie gevang slang en meerkat, meerkat en slang heen en weer, op en af tot slang ophou spook en sy laaste stuiptrekkings maak amper net soos ons ekonomie wat verlammend sy laaste stuipe trek in moedelose […]
Oor grense heen
Ver verby hierdie blou berge anderkant die kranse waaroor die wolwit wolke lê doeriekant van die Karoo tussen die Gariep en die Vaal daar waar jou spore dwaal oor die wye vlaktes wat altyd wag op reën daar sien ek jou in geestesoë tafereel ek jou in beelde en in denke. Jou velskoen trap ’n […]
Slenter-dans dankbaarheid
Dit is sewe uur in die oggend. Sy is heel rustig op pad werk toe, géén verkeer, géén frustrasie. Nog so besig om die Vader te dank dat sy so naby haar werk woon, merk sy hom skielik langs die pad. So slenter-dansende. Dit val haar op dat hy so slenter-dans dans met ‘n groot […]
samesweringsteorie
berigte swiep heen en weer elke een met sy eie statistieke sneeubal die getalle tot onkeerbaar mense raak opgesweep en harte begin bewe ander skud weer af soos ‘n eend van sy gladde rug “what will be, will be” sug hulle dan en gaan voort “so is die lewe” sug die ou omies en tannies […]
‘n Towerspreuk
Gee my Hoop vir ‘n nuwe dag gee my ‘n stukkie Lente om die donkermaan weer helder te laat skyn Gee my die somer om die skadu’s in my hart te laat verdwyn om die onweerswolke weg te vat Gee my herfs gee my meer om te verstaan gee my ‘n kans om saam met […]