raka staan op
oor my duin hang daar ‘n doodsreuk goeie vangste se oorblyfsels word verbrand uit die digte reuk kombers staan daar iets op sy vier koppe en agt pote reik ten hemele sy teenwoordigheid kan jy met ‘n mes sny dit kleef aan elke kledingstuk en meubelstuk vas jou neus voel soos ‘n stofmasker wat verstop […]
En nog ‘n stukkie bog ©Eduard Smith
“Watse tieping mens is jy?” “Tieping?” ek met ‘n frons. “Ja” Seker die soort wat die woord-lui met die spelfoutmaker alte holderstebolder deur die gat jaag daar waar ‘n woordeboek op die rak ontbreek – seker die soort wat peins en huil saam ‘n trots’ woordmaker alte holderstebolder in Afrikaans. En nog ‘n stukkie bog: […]
‘n Ma se hart
My kind … jou optrede en woorde skif soos kaf in die wind een oomblik sag soos satyn dan weer druppend van venyn kneeswoorde en dade (hier en daar, deur die jare) wat seer letsels laat my oog sien wat ander nie kan my oor hoor wat ander nie verstaan getrou gee jy elke jaar […]
veg of versoen
met draai van die wind het onweerswolke dreigend hul weg deur hierdie land gevind van alle kante donder en blits weerbarstige opstandigheid deur onreg en onmin aangehits talle voorsprake van doemprofete het rigtingloos verwarring gesaai hul dwase doel, laat heilig deur die middele midde in hierdie verwoestende storm wik en weeg ‘n kwesbare volk oor […]
rooiblink politoerstoep
op die verhoog van my lewe weerkaats skitterblink lugborrels in die geheue van grootwordjare in ʼn skakelhuis in spoorwegbuurt met spieëlblink rooi politoervloere eerste regte trapfiets hier gekry kop wat skaars bo die sitplek kom met my Pippie-Langkous vlegsels pa wat vashou en agterna draf tot ek triomfantlik alleen kan ry die Oukersaand se opwinding […]
liefdesverraad
liefdesverraad ek het vir jou ‘n roos gepluk uit die blomtuin van my hart sorgvuldig het ek dit gevoed met die trane van my smart elke druppel het ek bakkieshand versigtig opgevang om oor die bloedrooi Judasroos se kelke te kan hang in jou uitgestrekte hande het ek die roos geplaas jy die hartsverraaier en […]
Liewe Ouma
ek skryf vir ouma ‘n gedig om dankie te sê vir al die heerlike kuiers en etes die gasvryheid in julle huis was soos ‘n moskombers en ouma se omgee het menige se harte geraak ouma se hande het vir niks verkeerd gestaan nes ‘n miertjie, altyd besig vandag is ouma se plekkie leeg en […]
KLEIN KOOS VAN ANTIE TOET
KLEIN KOOS VAN ANTIE TOET Enige muntstuk het 2kante; maar soms is mens geneig om jou kant so te spit en polish dat jy nie ‘n saak het met die vuil (van verwaarlosing) verslete anderkant nie; seker ook jou volste reg en voorreg….Moes soveel keer gedurende daai gek Satynlaken-dae die een of ander grênd geleentheid […]
Kaalvoet – Onskuldige Kind
Kaalvoet – Onskuldige Kind Soos ek baljaar op die klippies, sand, gras en kaalvoet loop, Glinster my ogies met alles wat bring, nuwe hoop. Soos wat ek die grond onder my voete voel, Wonder ek wat het die volwasse nou gesê of bedoel. Klippies maak my kaalvoete seer daarin het ek geen beheer Gras kielie […]