
stilte
wanneer stilte oor my duin heers
hoor en proe ek die see lewe
hoor en sien ek die skepping
hoor en voel ek die wind
ver agter my ontwaak
die inwoners van
wit huisies
brom
motors
op pad werk toe
begin gedreun van
enkel motor fiets
en styg tot inferno
klanke van wes na oos
eendag, dink ek
gaan hy hom misgis
sal dit ‘n droë tor
of grys bokkie
wees wat hy nie
betyds sien en
met chaotiese
gevolge tref
dan hoor
ek Sy
stem
Ek
laat
reën op
almal
dié
wat
glo
en
ook die
ander
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.