koning virus
met sy kroon op draf hierdie koning van distrik na distrik van een land na ander niks staan in sy pad nie vandag is hy geel, môre is hy dalk blou of rooi plae van egipte of plae van eindtyd wat dood saai sover hy gaan dalk een derde van aarde se bevolking of is […]
Nuwe Vriendin
Nuwe Vriendin! My nuutste vriendin ek sit hier op my werkstoel en dink, dat alles so suiwer en helder in my kop in sink. Jy is ‘n anker Jy is ‘n mens in jou eie karakter. Saam kuier ons. Saam suiwer ons, ons gedagtes, sodat ons kan streef na nuwe vlaktes. Jy’s soos ‘n sagte […]
eensaam in die bos
bome beweeg saggies in die wind heen en weer buig dit met ‘n kreun blare wapper en klapper van plesier onder rus die diertjies sag in hul slaap so nou en dan kom daar ‘n harde knal wanneer eertydse reus die stryd opgee met hewige skeurgeluid grond toe val sytakke en bas word saam geneem […]
Hartsreisiger
tel ‘n padkaart op en merk vir jou ‘n roete oor die langpad tot jy onder my hange kom lepellê onder my moskombers wat sag oor my landskap vou waar ons nostalgies in liefde verdwaal o, my hartsreisiger ek hoop jy vind jou pad terug na my want jou huis is waar jou hart tot […]
respyt
wanneer hartstog ‘n ou vrou word en die vertroosting van aanraking na benede stort só met die terugtree uit omhelsing wanneer herinnerings verseg om in ‘n hart te bly leef eensaamheid se kilte veg om honger hoop te verweef dán is dit tyd vir respyt vir stil word in die wete dat verlatenheid diep kan […]
visie
met gierige oë loer die miljoene na glas paleise na duur huise na alles wit wat mooi vertoon met gierige hande gryp die miljoene elke sukses verhaal knyp en wring dit uit tot dat daar niks meer uitgedruk kan word nie met verdwaasde oë staar die miljoene na die skrootwerf van hul verwoesting waar selfs […]
Neem self die leisels op om te publiseer, nuttige wenke
Selfpublikasie Deur : Anne Marais Selfpublisering het ʼn slegte naam, maar hoe gemaak as jy álles in daardie boek geploeg het, maar geen uitgewer wil byt nie? Met die regte leiding kan jy self die leisels neem … Jou eie, beste vriend Baie mense droom van ’n skrywer wees, maar vir die meeste bly dit […]
Ter Inligting: Opwindende skryfkompetisies 2020 op ander platforms
Soos geplaas deur Afrikaans.com – https://afrikaans.com/leefstyl/skryfkompetisies-2020/ Deelname aan skryfkompetisies is ‘n manier om blootstelling te kry, selfvertroue te ontwikkel en dalk selfs ‘n prys los te slaan. Hier volg ’n hele rits moontlikhede asook kompetisies spesifiek gerig op leerders. Skryf ‘n liefdesbrief vir Valentynsmaand Skryf ’n liefdesbrief in Afrikaans aan ’n verlore of anonieme geliefde […]
ou vriende
vriendskap is soos ‘n boom wanneer ‘n boom nog jonk is moet jy dit baie mooi koester gereeld water en kunsmis gee as die boom begin vrugte dra moet jy dit in liefde aanvaar vriendskap is soos ‘n vy wanneer dit nog groen is en jy pluk dit af is dit sleg dit gee ook […]
Antidepressant
Al is ek alleen en niemand alom tussen die rakke in die bibloteek het ek vriende met baie woorde! ©Morné du Preez