fris
– die geruis van branders beeld die melodie van see lewe uit hang soos ‘n gordyn oor my gedagtes verfris my siel en ek ervaar vrede – die skuim rimpels wat uitspoel kom lê soos ‘n silwer soom op sand baken die grense van see lewe af laat my verstaan wie ek is – ©Teãrlach
Afrika Pizza
in blakers brand kersies flou in groot glasse spoel inferieur rooi wyn genooides oogproe stukkies see vleis olywe smaakies kapers maar lapille* skree kaas verborge onder lae verkose voor enige wyn borrel vuurwarm kaas die komponente so taai gebind op ń dun gemene kors agterna in windhoeke verskeur tande tong en spoeg vermeng geure met […]
Aambeie
My oorlede Ma was ‘n baie wyse vrou, sy het altyd gese: “Moenie roem op jou sotlikhede nie, my kind”. Wanneer my ouer broers met akademiese prestasies huistoe kom (nie ek nie, was ‘n rebel op skool) dan se my Pa: “Die kind het sy pa se verstand gekry!” My ma sou dan in die […]
wind voël
– silwer soom blink wit voor helder blou golwe waardeur die ski dolwe oopgesper op wilde rit – op pad na spoed limiet rek en gooi my lyf rigting sagte hand van versugting horison verdwyn in niet – ewig deinend golwende see aanhou tot wenstreep verby dreineer frustrasie aller wee – ©Teãrlach
Vandag
Ek voel dit vandag daardie ander wêreld is soos ‘n prentjie ek sien dit, maar kan dit nie proe nie my penpal bly in Durban en was nooit by die see as ek nader kom trek die goordyne toe ‘n boot reis verby, stroop-stadig alles so ‘pretty in the sky’ alles so ‘bright blessed day’ […]
Ontkoppeling
ONTKOPPELING Oop en bloot onbeskaamd arrogant Gooi jy jou strikke argeloos roekeloos halsstarrig onophoudelik voor my voete neer glo jy in jou duister sinsbedrog dat jy my indien nie nou dan eendag tog noodlottig sal verwond Besef jy nie dat ek onaantasbaar is en vlekkeloos wit in lewe of in dood? Dat ek daagliks sonder […]
Legkaart
Wie weet, elke lewe is dalk, in wese, ‘n lewende legkaart. ‘n heilige Meesterstuk voortdurend in wording. Deurdrenk met lewenskrag, propvol belofte, en daagliks aan die groei. Ewigdurend besig om eerlik, soos ‘n spieël van openbaring, die oopvou van ons lewe aan ons te onthul. Nougeset elke sandkorrel te tel. Dit sekuur en akkuraat verreken, […]
oertyd
– so lank terug voor mense heugenis so lank gelede is Hy daar geen oer knal of onwillekeurige chemiese ontwikkeling van ‘n sel slegs Hy, Homself en leë hande het alles geskep – uit niks wie kan groter wees wie kan ouer wees wie kan altyd wees vir ewig in beheer wees – ©Teãrlach
Hoe jy moet luister in stiltes(silwer)
Geagte Mnr Seurat… laat ek vra oor al die kolletjies, hoe maak jy oop vir daai stiltes? wat baldadig rondhoer- laat ek vra oor al die kolletjies in jou vreedsame komposisie wat baldadig rondhoer wyl jou doek balk krete blaas in jou vreedsame komposisie, hoe maak jy oop vir daai stiltes? wyl jou doek balk […]