Kaiings in die vuur
Twee driebeenpotte staan wydsbeen oor die laaste stomp. Die kampvuur onder hulle koud en amper uitgebrand. Lankal leeg geplunder. Die een was vroeër stampvol stywepap. Met goudgeel brandsel aangebrand tot hoog teen die kante op. In die ander kaiings. ‘n Hele halwe vark s’n. Brosgebraai en daglank uitgekook tot soutbruin lekkerte. Kraakvars en heerlik vetterig. […]
Harmonie
musiek akkoorde vry in aantrek kamer om harmoniese klank uit staal en hout in blaas en stryk te vind lig verskerp na maestro podium gekrabbel oor kleredrag kommittee aanvalle verstil van vooraf na uitgang ń stokkie lig vir gemeenskaplike stilte individuele note hang, die val sal harmonie bring klank verval in lawaai sonder oë op […]
Toerwoer
Langs my lê die wonders van Afrika reg om my begroting se balans te pla ek sien die oseane in beeld ontvou met kleurkorale wat my asem laat ophou gooi die piramides in Egipte nie weg klipwonders in hulle eie reg. Al die Nasionale parke laat my hart trompetter met wild wat oral grom en […]
Geheue Plek
tussen dik mure lê heugenisse stofvloere vol emosie in murasie vee op gooi weg ruim op die rommel bou ń onbelaste herberg
“Landbou” (Brons)
daar lê te veel gebreekte ploegskare in ander se lande omrede ons die geologie van ons eie nie verstaan nie Francois Meyer Februarie 2022
My Herinnering Utopia
Herinndering aan utopia Johan van Rensburg Gejaag na wind elke dag se harde werk wat jou weg van gesin verbind blydskap, amper verdiende vertrek Oppad na ons gesin se Utopia is klaar beplan, geld gespaar ruskans om saam te geniet bid dat God ons op pad bewaar Meer en see in Richardsbaai op die strand […]
Maart 2022 – OOP projek
Beste INKers Dit het weer tyd geword vir ‘n oop-tema opdrag. Ek wil dit hierdie keer egter effe aanpas. Gebruik die woord “oop” op welke manier ookal om jou inskrywing te ondersteun. Dit maak nie saak in watter genre jy deelneem nie, jou enigste opdrag is “oop”. Ek is baie nuuskierig om te sien hoe […]
Januarie 2022 Drama projek – Uitslae en kommentaar
Baie geluk aan hierdie 8 LEDE! ALGEMENE NOTA: Sommige van julle het hierdie maand van die opdragte misgelees en nie toegepas nie. Baie het nie die neologisme aangetoon of geskep nie, en dan was daar die wat langer as 16 lyne geskryf het. Ek het besluit om dit alles oor die hoof te sien want […]
Liefde: ‘n gevoel wat jy voel wat jy nog nooit gevoel het nie. (SILWER)
Liefde: ‘n gevoel wat jy voel wat jy nog nooit gevoel het nie. Die mens kan so baie emosies ervaar, waarvan liefde seker een van die mees intense emosies is. As ons maar net kyk na aanlyn-media en leesstof wat in boekwinkels beskikbaar is, sal jy baie gou agterkom dat daar talle boeke is wat […]
stormliefde (Silwer)
‘wyl die storm in ons woed en ons harte brandend pols vul jou hartstog my siel en sleur my mee sodat ek weerloos sug: “min my!”