Opgee Kreet
𝕆𝕡𝕘𝕖𝕖 𝕜𝕣𝕖𝕖𝕥 (bewusmaking van depressie in hierdie tye) Ek sien myself neergevel op bodems van eindelose val die swaartekrag trek my oormoeg liggaam verder na die mal die verlore gevoel wat in my ore suis ek val en val en val…. …. ….✟ hierdie is my noodkreet hierdie is my geperforeerde uitlaatbuis hierdie is hoor […]
Vaderhoort ‘n moederloos
Vaderhoort ‘n Moederloos Elke groustaar elke noodkreet wat uit my mondjie vaar al my lewenswater verspil oorgespoel in ‘n wêreld wat heeltyd op my gil vir my gril my bly verkleineer reeds soveel kleiner gemaak deur al die seer ek was gevorm genadeloos bestorm gegespe aan die norm afgewring tot hael in die storm getref […]
Patriarg
Patriarg Ek staar af in ‘n ou onthou gang herinneringe soen sagkens my terug verlang ek herroep elke oomblik vars gepreserveer houbaar in my geheue ‘n tyd lank ons geliewe Patriarg verlief op pavane musiekprag renonkelagtig rank die note vas teen gehore in ‘n binnehof heroïese musikant geprys met faam en lof sy note grawe […]
Sienblinde Oog
Sienblinde Oog Die oë wat kyk wil nie altyd sien sienblinde oog beelde opgedroog vertonings van blindwens drama op my verhoog ©️Wendy Leigh
Musiek vir my roos
Musiek vir my Roos Jy hoort tot klassieke skrywe musiek deur ons Goddelike komponis begelei deur ‘n engele koor ‘n klavierstuk meesterstuk is jy in rosegeur met ‘n blaarkrans op jou kop pluk ek jou liggies om klanke voor te bring die rooipienk in jou gelaat soos bloeisels wat bloos waar jy holster in die […]
‘n Gelykenis van die mag van jou tong
‘n Gelykenis van DIE MAG VAN JOU TONG Vuurbestand my verstand teen uitlatings hitsig aan die brand Jou blêrkas raas nogsteeds my ore doof terwyl dit klankgetrou my van ‘n selfbeeld beroof daar was oorgenoeg mag in jou woorde skaamteloos duelleer jou akoorde Gewer van gewelddaad binne jou gloei daar hatig dade wat my welstand […]
Stilte
Stilte Wensgeheim sente in my nederige fontein eilanddrome palmbome neem my weg langs eindelose seestrome hoe begeer ek die stilte van geen stemme net my eie hartklop wolke wat geruisloos verby galop waar sterre om die nag elemente boog tevrede knipoog geen meer jobsbode slegte nuus verbode waar vonkelgolwe se skuim die rumoer van angs […]
Ons Skildery
Ons Skildery Drome in antieke blou binne siaan water tussen groen vind ek jou indigo tango twee blink saffiere smag kobalt die hunker nag verhelder met granola sonskyn glimlag as liefde blougroen was sou droomverlore wolke arkties stylvol by sacramento pas as God kleure vermeng tot emerald adel spore saam verleng in skemer skitter neon […]
Brose Bos
Brose Bos Met grafiese kuns lê steil heuwels voor my hygende verlange na hiëratiese plekke om berusting by te kry tussen die lewe se gerol en omval oor kruispaaie se woekermal tussen moet ek kan ek wie weet of ek sal ‘n geskarrel oor soveel mengelwoes en wonder of ek ooit moes genadig kelim die […]