Kom sing weer die woorde
Jy stap met spore in vasberade refrein reënbui jou uniekheid oor die spanseldoek jy koepel jou kleure sodat onweer verdwyn met taal omvou Hy ‘n dromer opsoek jy skryf slypswewend jou verbeelding in saffierblou ‘n pouveer vir elke poging van uithou en aanhou jy verlig ‘n stad met veelsinnige woorde stort elke melodie in […]
Episode 1 – 6 SAI Grahamstad
Dogmor, dit was my bynaam in die weermag, maar daardie naam het eers later gekom. Soos met enige siel wat diensplig moes doen in die vroee 1980’s het ek in spanning gewag om op die troepetrein in Wellington te klim vroeg in Julie 1982. Ek het nie ‘n idee gehad waar Grahamstad in Suid-Afrika was […]
Blombleek maan
Om te wonder waarheen die toekoms gaan om sin in die lewe te verstaan alles gaan nie altyd goed daar is baie storms wat daarbuite woed Saam wie wil jy wees? of wil jy net alleen wees iemand net aanvaar vir wie hy is en vir wie jy is Dit is soms ‘n […]
Outeniekwa-gedagtes
my oë draal oor die sluiers van die son rondom lê die uitspansel in riffelkarton ek is tydelik verlos uit die stad van beton my afsaalplek nou ‘n ou murasie uit ‘n lank vergete generasie nou verpurper die kim en trek bloed verskuild lê die Outeniekwa in die gloed teen kranse weerklink die kiewiet se […]
met die begin
kletterende stelasies van arbeid adel in die klotsende dans van vissers wat jubelend vleg en vang in die eb van bestaan diep geanker in onverdiende guns stralend vanuit Sy troon hoogwater tot laagwater werk want die nag kom nader skilder en beitel op ‘n nuwe doek speel tog voor Sy troon baai in die strale […]
konfrater en kwansuis
– op dieselfde dag is hulle gebore omtrent voor dieselfde gehore – volgens oorlewering was sy een van sy konfraters van jongs af ‘n blik kapater maar of hul kwansuis dan vriende was die weet ek nie – vandag is albei oud meer as vyftig jaar getroud sus en so het hul altyd geken maar […]
Leerlinglisensie
Leerlinglisensie hier staan ek nou in diepe berou wagtend in ‘n ellelange tou om weer-eens te betaal ek het my leerlinglisensie gefaal moes ek die gang van skande loop gewonder, miskien iewers die lisensie koop in my een-en-sestigste jaar genope gevoel om by die gehoorsames te skaar het toe dapper besluit om “legal” te raak […]
Herfs genade
My hart huil vandag saam met die reën, ek sien jou tussen die kosmos’blomme staan nederig in hul eenvoud, sag en mooi lewend is jou gees Ek het ‘n briefie saam met jou gestuur ‘n kaartjie met ‘n hartjie in rooi op jou omgee hart neergelê met baie liefde vir al die mooi Nou bid […]