Die waarheid oor Kersvader.
Die waarheid oor Kersvader. Lien sit in die tuin en bewonder die mooi blomme. Tjirpend kom sit die mooiste voëltjie op die katjiepieringboom se takke. Uit die hoek van haar oog, sien Lien hoe hy vrolik van die een tak na die ander wip. Onwillekeurig wonder Lien hoekom die hele familie nou weer na hulle […]
Wetteloosheid, ons nuwe normaal
(Woordtelling 763) Dit is geen geheim dat Suid-Afrika onder ’n donker wolk van korrupsie swoeg om kop bo water te hou nie. Verval van die infrastruktuur, hoë misdaad, werkloosheid, armoede, stygende inflasie, stygende rentekoerse en -petrolpryse, beurtkrag vir die afgelope 16 jaar, is slegs enkele voorbeelde van die uitdagings wat ons daagliks in die […]
Groot vlieënde varke met klein vlerkies
(Woordtelling: 802) Dit is maar moeilik om met iemand vriende te wees wat sukkel om by die waarheid te hou. En soms is dit so erg dat jy by die venster moet uitkyk om te sien of die son werklik skyn. Jy is letterlik die hele tyd besig om hul oggend- en aandpraatjies te […]
Vader Kersfees noodlottig gewond, die skuldiges op vrye voet
(Woordtelling 992) Agge nee!! Dit kan net nie waar wees nie! Is jy ernstig dat Kersvader net ʼn storie is? ʼn Klug? Dat hy dat glad nie bestaan nie? My hart pyn nou sommer van stres en skok. Hoe kan dit waar wees? En al hierdie jare het ek gedink… Ai, toggie tog. Maar […]
Die Euwel van Leuens
Soos wat ons almal weet het ons wêreld ń omgekeerde wêreld geword van korrupsie, leuens, agterdog en skynheiligheid want agter al hierdie dinge lê bedrieglike onwaarhede wat opgemaak is deur mense wat lyk soos ek en jy. Hoe bedrieglik kan mense jou om die bos lei, sonder dat mens dit eers agterkom… en ongelukkig is […]
Is ek soos Jona?
ek dobber soos ʼn bootjie in woeste waters branders breek en sproei in wilde flaters sterf ek vandag, kom ek om in die waterhel? dit weet ek nie vir seker, een ding weet ek wel ek word ingesuig, al glyend in donker kraters eers dink ek is in diep dooie donkere gat Heer, ek het […]
sedes of skedes
wanneer word gedagtes woorde wanneer word woorde gedagtes skryf jy sedepreke of nuwe denke het jy verbeeldingskrag in woorde skuil jy in die skede van jou verlede of verslind jou gedagtes net die hede streng selfondersoek is vir die sterke wat nie huiwer om te sny en skraap waar die […]
Honger in jou hand (Goud)
in die oopvou van jou blom sien ek nêrens hoogmoed nie net vreugde-verf palette in sproeispat reënboog kleure op die land maar teen sy binnewande is daar ‘n weierwind wat waai oor ‘n see wat branders bloei en waar die vure hoog moet brand staan soos koringare wuiwend steeds my honger in jou hand daar […]