herfsverslag
oral waar ek stap vind ek windman waaibesig met liasering van die vorige seisoen bome staanparadeer afwagtend skugter spoggerig tastend vir sy goedgekeurde welgedaan waaisoen toe die skemer hom kom haal beloer hy die takkespel teen die doek van geelbruin skemer effe stil en blaarverslae © Francois Meyer April 2023
goëlende ratwerk
speekwerk van verwronge waarheid goëlgly glad gerat om asse van vertroue waar samesyn kwyn jakkalsdraaie wissel skelm kunstig verweef in fopnuus kolkende outeur van streke ratdraaier van formaat soos die draaiende takkool sirkel van lig goël; waarheid skelm-skelm verbuig skrik skurke vir waarhede op krukke gaande stop die wiel snuit sirkels van kole wat goël […]
Skuins voor my oggend breek
SKUINS VOOR MY OGGEND BREEK (uit ‘n ma se hart) Selfs in die eerste oomblik van elke wakkerword binne my slinger jou naam om en om my onbevlek soos die son se eerste godsvresende strale as ek kon sou ek jou só graag wou red uit die hande van daai monster wat jy met soveel […]
oud, ouer en oudste
dit voel soos gister toe ek my eersteling met eie hande gevang en lief gekry het nie veel verder het dit baie goed gevoel toe eerste kleinkind kom vandag voel ons nog dieselfde oor oud ouer en dalk oudste met agterkleinkind soveel genade op weereens genade wat ons ouer […]
A-I LAWAAI
AI-LAWAAI Geskryf deur Fanus Strydom 1505 woorde “Julle dom klomp klonte! Dink julle is slim! Simpel, vermetele drommels! As julle maar net weet wat vir julle wag…!” Ek sit so lekker en tokkel op my rekenaar, ek sien nie eers die letters spontaan voor my uitrol op die skerm nie. (En skelm verskuil tussen […]
KLUGLIEDERE
KLUGLIEDERE Geskryf deur Fanus Strydom 1613 woorde “Sneeuwitjie, word wakker!!” “Uh-uh!” “Jy moet opstaan!” “Ek wil nie…” “Vir wat nie?!” Want ek’s depressed, okey?!” “Oor wat?” “Oor my prins nou skielik kop uittrek oor sy belofte, dis wat!” “Waarvan praat jy, kind?” “Hy’t laat weet hy identifiseer nou as “prinses” en dat ek “haar” […]
Lessenaar
die varkhok staan stil in die gewoel van hongervarke almal ewe geregtig op nog van kleinste tot alfabeer elkeen gesteld op eie status en vreetplek al die varkies drink aan dieselfde speen nou driekwart leeg dié sog gaan opstaan die vratevrag afskud ongeag die mae status almal val op eie stukkie vuilgrond, skree […]
Kreatiwiteit
Dink bietjie meer kreatief my lief, laat jou kreatiwiteit van binne vloei wees ‘n geskrewe emosie-dief woorde wat dans, woorde wat bloei. Laat jou kreatiwiteit van binne vloei Beeldspraak, sinekdogee en simboliek Woorde wat dans, woorde wat bloei die somtotaal van manjifiek! Beeldspraak, sinekdogee en simboliek wees ‘n geskrewe emosie-dief die somtotaal van manjifiek, dink […]
was – beeld
oor die gladde kranswande stort daar strome water af drywende miswolke vorm gevul met reënboog strepe eeue gelede was die rots grof grond verskuiwing het water herlei na hierdie nuwe stroom waar water ruwe rotse poleer oral teen die kranse hang daar groen rankplante met fyn mos waaruit sag reëndruppels drup […]
Slim vang sy baas Goud
jou riempies raak dun en styfgetrek jou verskonings uitgewas meesterlik kon jy flikvlooi jou prooi… stewig vas die web van jou vernietiging in silwerdraad gespin met suikersoet belofte jou skatte ingewin geregtigheid sal seevier jou silwerdraad sal breek in die rat van jou verneukspul word ‘n kromhoutdolk gespeek Amanda de Meillon