Oorwinnings
verdedig word vinning aanval wat aanvaller verdediger maak die mees verwonde ń verloorder die wenner staan seer alleen baklei na binne dit bring eie ruim tot rus die oorwinning hier is omegavrede
Kersvader is n klug waarin net grootmense glo 337 Woorde
Daardie oggend toe ek vir die eerste keer die wattabaard behoorlik in my hande kon hou, daardie oggend was die bevreidendste oggend van my hele lewe. Ek het die baard vertrap en diep onder in die asblik gesmyt. Daar het ‘n reuse klip van my skouers afgerol. Vader Kersfees is ‘n klug. Die grootste klug […]
Huweliksverraad (die grootste klugspel) 1499 Woorde
Amalia skud haar voorskoot uit. ‘n Dosyn mossies sak onder die perskeboom neer. Dit word ‘n gekwetter wat jy tot anderkant die varkhokke hoor. Die wind bring belofte van vroeë lentereën. Sy trek haar asem in. Miskien sal hierdie lente nuwe lewe vir Hartspoort bring. Die bordjie hang windskeef aan die paal. Hartspoort. Liana […]
Leuens ketting jou 445 woorde
Leuens ketting jou Dat ‘n leuen een van die grootste euwels is, is defnitief geen leuen nie. Om te onthou wat jy gelieg het is soos om ‘n ysterbal en ketting om jou enkel te klamp. Hoe langer jy daardie bal saamsleep, hoe swaarder word jou las. Dan breek daardie gevreesde oomblik aan. Daardie vergeet […]
Koop Giere
die kuns om goedere uit te stal in besige aanlynstraat skep skyn koopkrag, vreet kontant die gier laat wiele rol weg van net bestaan na blink verkoopportal alles is tydelik moontlik op ń kredietkaart ongeag die swak bankbalans stapels ongebruikte goeters beland in plastiek sakkies gepak deur skuldige hande van onvergenoegde eienare
Verloënde Spore (goud)
Die dag toe Afrika my insluk en sy haar kors vol kluite en klonte oor my siel stort moes ek geweet het te laat sal te vroeg nooit kan vervang terwyl die laksman oor ons lamtes loer het ek my skouersak gepak kaalvoet die mense om my gegroet verby die leë krale in die […]
Verraad
Trots begin die kwikstertjie paar stokkies, grassies, donsies opgaar stewig word die nessie gebou om hul kosbare eiertjies te hou. In die takke sing Piet my vrou juigend oor die nes, sopas gebou skelm lê sy haar eiertjie daar vir kwikstertjie om te bewaar. Piet my vrou broei eerste uit weet instinkief, niks mag sy […]
leë woorde
digter waar lê jou siel maak jou woorde net nog ‘n wiel lees jy uit die woord en skryf ‘n frase oor geestelike sake soos die pase leser waar lê jou angel is goedkeuring soos ‘n bengel wat agterna loop kyk en blaf sonder om saam te draf uit jou woorde styg ‘n […]
Voel sy het n” rat voor my oe” gedraai
Brons afdeling – Johan J van Rensburg My hart brand, diep hartseer deur n” verliefde maat verskeur voel verblind, liefde het weggewaai n’ rat voor my oe” gedraai sy was tog n” mens van hartsog ek ‘t haar liefgehad met my hele lewe saam gerots in alles soos een nou is ek stoksiel […]