lewegewende water
lewegewende water geskryf deur Dale Penderis © bekroonde beminde lelie van my hoe lank wil jy nog in die dale bly geblomde seisoene bly klop aan die deur ‘wyl distels en dorings die groeiproses keer ontwaak uit jou sluimer voor die ryp jou bekruip hark weg die onkruid wat deur jou blombedding sluip uitgekapte bakke […]
Wat is ʼn wintervakansie sonder sneeu?
As ons aan wintervakansie dink, kom die prentjie op van kinders wat in sneeu baljaar, sneeumanne bou of skiërs wat teen steil hellings afjaag. ʼn Warm vuurherd-kuier mag jou ook herinner dat dit wintervakansie is. In ʼn land soos Suid-Afrika is sneeu egter ʼn skaars verskynsel en mense se soeke na sneeu word ʼn prioriteit. […]
NOODVLUG
NOODVLUG deur Fanus Strydom 1639 woorde Angelo klief blitssnel deur die Derde Poort oppad aarde toe. Hy erken skaars die twee Intergalaktiese Wagte aan weerskante van die polsende lig-portaal. Toe hy anderkant uitflits registreer sy deurgang momenteel as ʼn groen seinkode op die GPS-toestel op sy pols. Tesame met sy togsnelheid en verwagte aankomstyd. […]
WINTERWIND
WINTERWIND ysig bleek verlate verhard verslind alles kaal gestroop van lewe stil alleen klief snerpend wreed die winterwind ©Fanus Strydom Junie 2023
HIROSHIMA 1945
HIROSHIMA 1945 bitterkoud in ysig wit verras grysgrou kernwolk monde stomstil oopgerek bo verkoolde vreesbevange oë tot as ©Fanus Strydom Junie 2023
Haikoe (SILWER)
sneeuvlok trane drup winterkaros vlokkiedons warm kaggelvuur knus ©MarleneErasmus 06/06/2023 Neologisme: Vlokkiedons – vlok wat sneeuvlok beteken + dons wat verwys na sagte, donsagtige tekstuur van sneeu.
Haikoe (SILWER)
wintersnikkeling sneeumantel bedek aarde wêreld rustend stil ©MarleneErasmus 06/06/2023 Neologisme: Wintersnikkeling – winter + snik en rilling = snikkeling
tyding
die koue sak af deur die stegies soos die swaar reënwolke verdwyn begin die kille aanvoelbare koue byt soos die finale boodskap oor sterfte eers skud jy die vere dig toe om jou maar dan skeur die waarheid binne en jou hart kraak in trek-en-stote laat onuitwisbare letsels in jou siel . ©Teárlach.
blommetjie klein
al is jy die kleinste in die fynbos is jou skoonheid vir my die fynste en die geur van jou nektar soeter as die beste by se heuningkoek witter as die skoonste wol is jou kelkblare vir my diep in my hart geborg is jy ©Teárlach.
Winterhaikoe (Brons)
winternagweemoed koue verlatenheid gryp wurg sielevrede