haikoe (silwer)
winter se trane loop blinklint teen die ruit af as die bome slaap ©Hester Steenkamp *neologisme: blinklint – die straaltjie water wat teen die venster afloop
My liefste Kaap.
My liefste Kaap aan jou skryf ek vandag ʼn liefdeslied in hemelblou sonder skroom bring ek aan jou ʼn woordelose gebed male sonder tal het jy my uit diep, dooie donkerte gered by Tafelberg waar witkruisarende sweef, geselskap gehou in die oranje gloed van die sonsopkoms oor die vallei kon ek my hart uitstort waar […]
Somer-son se kleed
Somer-son se kleed geskryf deur Dale Penderis © Somer-son-seisoen het stadig sy lente-tjalie eenkant uit kom trek en speel ʼn skalkse een twee drie blok myself … en die wolke speel saam en omvou die son skaam skaam Somer-son: nog net ʼn halwe blom totdat hael en reën verdwyn … sal die son weer warm […]
Die smous
Die Smous geskryf deur Dale Penderis © “Smoorsnoek, tamaties en uiwe!” S’blief tog nonna, support asb daar’s kinnes by die dosyne Nou lag smous so lekkkerrr in sy mou “smoorsnoek, tamaties en uiwe!” Giggel giggel, want die geld is eintlik vi skywe Dêtig rand, nonna, dan maak ek dit n combo Dan gooi ek […]
4 Seisoene gemoed
4 Seisoene Gemoed geskryf deur Dale Penderis © Die seisoene van mens se gemoed Bring soms stormwinde mee Maar in die hawe van Sy vesting Is waar die waters kalmte gee Soms bak die son ook fel op ons neer Frustrasies loop hoog en almal loop deur Dis somer en winter selfs saam op een […]
susanna
dogtertjie van smarte hoe sou jy geweet het sou jou ouers kon raai toe julle op pad was iewers in egipte wrede moordenaars gewapen tot die tand bestorm jul voertuig van beide kant en breek in dreigement op dreigement kies jul Christus of Susanna Susanna pleit: moet Hom nie versaak nie mamma en pappa as […]
Tuinwerk
moeder plante staan skraal in eie plek waar skipbreuklinge eksoties helder blom sweet onkruid uit op tuinier se rug van vlak skoffel en halfhartig spit die werk lyk misplaas as blomme taan en die plante neerslaan die werk is ook nooit klaar voel die vuil deur jou vingers spoel dit stroop duur room vermeng dit […]
Niks Kennis
kennis gebou op sorgvuldige navorsing metodiek met blinde metodes baar ware vrugte lig wat spat teen terminale spoed is oneiendig swaar as energie materiaal geskiedenis vasgevang in oorwinnaar gekleurde taal is vir bevoordeeldes ń sprokies verhaal vet bors tantes geverf op mure is vir kunstenaars renaissance mooi al die waarheid is […]
Vandág nog!
Vandág nog! geskryf deur Dale Penderis© Vroeg maak Hy my wakker Om my pen op te tel Om alles te skrywe Wat Hy my vertel Uit die Vader se hart Na dié van Sy kind Dis waar jy die hartklop Van my Vader sal vind Wie n oor het wat hoor Laat hom dan kom […]
gebaande ongebaande weë
gebaande ongebaande weë geskryf deur Dale Penderis © oerou bekende vrese gemessel in ongebaande oorbevolkte gedagtes op ʼn onbekende reis na wie(U) weet waar onverskrokke die vreeslose (on)sekerheid my siel smagtend swerwend soekend die bloudruk van my bestaan dan sien ek bekende bakens in die truspieël van my gestippelde baan dan juig my siel ek […]