Aanlyn-profeet
Aanlyn-profeet Jy weet meer as Wikipedia die aap is uit die mou op sosiale media plant jy die beter hou Jou intro weet al lankal – wat die meeste nie verstaan . . . – dan vloei jou dieper insig soos water uit ‘n kraan Dit waarmee bleek sterflinge stoei het jy lankal uitgeklaar die […]
Voorstad Wense
in huise, vêr uitmekaar in voorstad stede, vra vele breine die gode om ander vêr weg te hou huisies is so opgebou, met groter of kleiner gebied sonder tal in my gemoed, almal warm toegesluit en begrensd
Beliggaam
Beliggaam Die seuntjie vaderloos gelaat moet die geestelike taal ontgeld dat Jesus nou sy pappa is – dit gaan nie werk nie – stotter hy deur ‘n biggelende traan – Jesus het nie ‘n bakkie nie – Jakobus broer van Jesus kon dit nie duideliker weet hoe word mens warm en versadig maar jy kry […]
Maria Brons
Maria Maria, het jy geweet en het jy verstaan toe die Heilige Gees langs jou kom staan het. Mense het gepraat en geskinder oor jou en die seun wat jy sou verwek. Met ongeloof en gelag is jy aangestaar toe jy aan hulle openbaar dat jy as maagd jou kind sou baar. Maria, het jy […]
Eendag lank gelede Brons
Eendag lank lank gelede…. Het julle al opgemerk dat al die kinderstories begin met eendag, lank, lank gelede. Presies wanneer was lank, lank gelede? Ek het dit bietjie gaan navors en tot die volgende ontdekking gekom. Dit was baie lank gelede. Dit was so lank terug dat google nie eens die antwoord kon kry nie. […]
Die Muse
ure sloer ongekend elke nag verby maar woel vry verdoesel in ons rus dan skielik vergete as die môre lig die muse ure is liggaamsvry snork momente wat raak aan die hart sonder die gewone dag gevolge ek is vasgevang in elke dag as verwarring juig, jy kom rustig in die naglikse rus wanneer vreemde […]
Die Groot Verwoester
bonsende hart, knieë swak oë en oordeel verdof in liefde verward gesoek, gewoel, geskrop weg met die muwwe na ń nuwe nou liefde verdoesel eie seer deur lief te neem met ander liefde verlange verjaag alle afgryse met ‘n Judaskusse
Reuse en dwergies (Goud) 319 Woorde
Sy liggaampie is klein. Wanneer mens sy liggaamsbou vergelyk met dié van ‘n volwassene, is hy ‘n dwergie teen ons, die reuse. ‘n Kleuter huisves ‘n groot binnekant. In sy kop lê ‘n verstand wat elke dag inneem en verwerk, leer en onthou. Die hartjie speel gasheer vir groot uiterstes: wanneer hy hartseer is, huil […]
Skimme van gister
gister was my paaie ander rigtings invandag wil ek loop tot by die weer beginwaar die son skroei oor vergete treinsporeen genadeloos neerbrand op my wankel spore hier op my verdwaalde wegwaar ek in die hitte van die son moet vegteen troebel trane wat afrol teen my wangeen dit oor jou, die hunkering na […]