Ma Marthie
Stof is die mens tot stof sal hy terugkeer, die mens gaan tot niet as hy sy laaste asem uitblaas. Vandag kom ons finaal groet as ons netnou see toe gaan en dit wat oor is van ma in die see te ruste lê. Tog is dit met absolute sekerheid wat ons in ons harte […]
huppel en druppel
al huppelend beweeg ons teen die strand nie so vrolik soos sewentig jaar gelede nie allermins gestoord oor wie sê wat daaroor nie meer sulke lang treë met elke huppel nie maar met nog dieselfde vrolike verwagting so beweeg sy en ek met brakkenjan daarby oor die harde, stywe deel van die see sand […]
As die Skedelkus kon praat (Goud)
Op ‘n genadelose geraamtestrand waar die Atlanties met dooigety dramaties oor niemandsland druis verstil beenwit geheime (misterieus) in vergrysde koue sand terwyl die seewind sý aandeel daarin in die nanag se stiltes onthul met opbruisende verwyte wat herwaarts en derwaats oor die koperduine suis. @ Loretta Szikra
Oupa ons mis jou!!
Oupa ons mis jou !! Deur Johan j van rensburg Brons afd Kortverhale Woorde = 2670 Oupa Piet Els is lank in die tand.Ses-en-sewentig somers lê agter sy rug, maar hy staan nog sterk. Hy is een van die lang skrales wat nie grond toe buig soos wat sy jare toeneem nie. Die paar […]
pretzel
wanneer laagdruk wolke oor ons druk slaan blitse en donder die weer my skoon bedruk oop strande, wit en skoon, verander in bose pretzel van uitgespoelde plante, skulpe en dooie seediere deurmekaar kruip die wat oorleef het op soek na ‘n nuwe woning of dolwe diep weg in die hard gepakte sand strook skoon verwese […]
Grootword is nie vir sissies nie
Jannie en die groot veertien Gradering Brons 658 woorde Jannie staan in die badkamer voor die spieël. Die deur is gesluit. Dan is daar skielik ‘n klop aan die deur. “Jannie, maak gou. Jy is al amper ‘n halfuur daar binne? Wat maak jy so lank?” “Niks. Ek … ek is amper klaar.” Hy skrik […]
Tsholo se ark
Tsholo se Ark – Johan j van Rensburg Bronsafdeling Kortverhale Woorde : 2628 Kap! Kap! Kap! Die getimmer en gewerskaf eggo dawerend teen die rye kartondoossinkhuisies vas. Blits het al lankal onder die bakkie gaan lê− pote op die ore. Dis die honde van die plakkerskamp wat die eggo kordaat beantwoord. Tsholo glimlag oor die […]
Strepiesmaanboodskap
Êrens, in Elim onder ‘n dunstreepmaan naby windpompe en bome het iéts moois begin toe jou siel saam met fyn misreën oor fluitjiesriet van die hemel afkom en in my hart klim ©Z.Kochk