Lafenis
Die bloedige hitte laat water-beelde op die grondpad dans, dit terg en wink maar daar is geen kans. Niks vir jou siel en niks vir jou dors, vir dié boer is daar steeds net die aarde se dorre kors. ‘n Roering in die blare laat my vinnig op kyk. Is dit ‘n belofte van lafenis? […]
Idiome verhaal Brons
My ma het altyd gesê ‘n mens moet die boompie buig terwyl hy nog jonk is, maar hoe gemaak as iemand aartjie na sy vaartjie? Dan help die buig seker nie veel nie. Die appel val mos nie ver van die boom nie. Maar ek kan seker nie bekostig om sy skandes aan die groot […]
Lente simfonie
Waar die wind se rieldans deur die blare swiep en blomme swaai en buig borrel vreugde ekstaties op die soet-getinte klanke van ‘n lentebries se lied ‘n wonderskone melodie. Z.K
Die spoke van duister
Die spoke van duister ek dwaal vanaand oor vlaktes van wanbegrip tussen die korreltjies van verwarring hier waar die maan se skynsel oor my vallei van troebelwater dans onbeantwoorde vrae weergalm soos eggo’s bons tussen die hange van my siel en gaan rus dan soos onheilskadu’s in my hart se blatante onsekerheid iewers in die […]
Skink vir my die heelal
Skink vir my die heelal skink vir my die heelal ń borrelende dag ń sopie vol van sonskyn die wind se skaterlag skink vir my die heelal oor berge vol van ys maak whiskey van die reën wyl storms buite suis skink vir my die heelal laat my teug aan druif se soet laat die […]
Oor groenigheid en goeters (silwer)
Dis vaalwarm in die Boesmanland, my blom die wind het weer vandag soos gister en die dag daarvoor die wolke uit ons hemel weggewaai en nog net bid bly oor maar toe die son netnou se kant aan die westerkim sy lêplek kry bring die aandwind so ‘n koeltetjie wat doeksag teen my aan kom […]
Wie is die Mens ?
Brons – Johan j van Rensburg Wie is die mens om in opstand te kom teen die Skepper van heelal en Sy heiligdom ? wie is die mens – tog so verwaand in sy denke oormatig en selfvoldaan ! Wie is die mens dat U aan ons dink wyl ons voortdu in duistere werke […]
Sokker in die Bosveld
Sokker in die Bosveld Charlie miskruier wou nog altyd ‘n sokkerspeler wees, maar waar kry hy tog ‘n sokkerbal hier in die Bosveld? Eendag loop hy deur die bos en sien ‘n groot hoop mis in die paadjie lê, in die middel daarvan lê ‘n perfekte ronde balletjie! Charlie duik Kop eerste in en rol […]
Herfs
Die oggend het ‘n knyp, nie genoeg om jou na ‘n truitjie te laat gryp, maar as die oggendmis so oor die dam hang weet maar verseker Somer is in gedrang. Die gras word geel en vaal en word nou gou gebaal. Die vallende blare verkleur, maak gou toe die voordeur. Die sterre blink helder, […]