By die voete van my Heer
Ek sit graag by U voete Heer Om meer van U te leer U hou U hand op my hart Om my te inspireer En as ek somtyds af wil dwaal Sal U my weer kom haal Om sagkuns my weer terug te lei Na die voete van my Heer U vul my gees […]
As hy dieper kyk
As hy dieper kyk emosionele jaarringe letsel die stafies van sy oë keëltjie sy palet van vryheid met misnoë bewoë toegegrendel in ‘n wêreld van kleurlose skeiding ontplooi sy prentjie van swart en wit lyding die blou van sy oë tralie bevryding geweb ’n wêreld van swart en wit omlyning vasgekluister in ’n skepping […]
Introspeksie
Introspeksie selfone en selfone en selfone oratoruim die lug basviool normale verbale kommunikasie in ons skole in ons werke in ons kerke in ons huise in ons voorhuise in ons kombuise … shacks en shacks en shacks in rye en rye geplak rommel en rommel gestrooi gegooi in riviere se mooi kettingsae wat reënwoude […]
Boelies van die blou
BOELIES VAN DIE BLOU In die donker dieptes daal hulle neer, tot op die vloervlak van die oseaan, die boelievisse wat op ander visse teer en al vretende hul oorlogspad gaan. Dan skielik trek hul kilometers ver van daar opwaarts tot daar waar die water bloustil rus, terwyl menslike wesens in die genot baljaar, van […]
Boodskap versend.
“Suzie, hier is die inligting sodat jy presies kan weet wat ou Bottergat teen jou beplan. Ek heg ook sommer weer die formele klagstaat aan by hierdie boodskap. Soos ons gesels het, wil ek jou weer gerusstel om jou nie dood te bekommer nie. Jy weet mos ou Botter is meer bek as binnegoed, hy […]
Ambivalent (silwer)
soms is vryheid sommer mos maar net ‘n sewe-letter woord ‘n kinkel in die kabel ‘n reksprong sonder koord eufories malse tuimeltrein met niks om te verloor … maar soms ‘n ou verlangliedjie waarvan jy die woorde nie kan hoor dan skryf jy jobspsalms op ‘n vergeelde krapboekblaai raam dit met uilspieëloomblikke uit jou hart […]
alleen
introversie aanpassing op aanpassing moeilik vriende maak iemand te vertrou gelowiges word geroep nie gemaak vriende word geroep nie net gemaak gemaakte vriende maak of hulle vriende is vriendskap is ‘n oop fontein van totale vertroue en onbreekbare lojaliteit baie vriende bring baie ontnugtering en hartseer wie is jou ware vriende jou spesiale sielsmaat vertrou […]
HUNKERING
HUNKERING vir hoe lank moet ek smôrens vroeg terwyl almal nog slapend wag of wakker lê en wroeg oor nog ʼn nag se dag verby donker vensters loop slaggate in my pad probeer vermy verbete vasklou aan my gidshond se knoop en blindelings teen die donker probeer stry hoekom verdwaal ek steeds […]
geboorte (goud)
die vars ontwaking van die pasgebore kind wat oomblikke gelede nog fetaal-geknus in sy kokon gesluimer en geslaap het is so oud soos die mensdom maar tog ook so… skrikwekkend nuut
Oggend (Silwer)
Die dag se breek lê vars op die horisonlyn waar helder sonskynstrale soos goud in die lug verskyn. ‘n Voëlgesang van jubel klank in simfonie op; ‘n koue somersbriesie streel deur die hare op my kop. Ek teug die kraakvars lug tot daar waar asem brand ‘wyl ek die oggendstond besigtig van elke […]