Winterslaap (silwer)
Toe winter met ysvingers die vallei kaal stroop van kleur swaeltjies sommer sak en pak na ‘n somerson migreer nog net bruin bas en droë blare somber aan verkluimde wingerdlote klou kon ek maar net my oë sluit en dankie sê want teen jou hart daar in die binnesak van lief se rooibont josefsjas het […]
Winter
sonnetjie kam deur die bome se krone bleekgeel grashalms wiegie windverweer voëls twiet-twiet benoud heen en weer in die naak-bleek takke van bome se krone wind spoel deur die vingers van die son winter kantel sy mantel oor aards blad kraak-swiep sy voete oor die blaremat web die herfs in sy ysige kokon fladder-flap die […]
Wyse Planne
voordie begin ontplof een klein kern om alles te begin, as die plan enos later tot +- 2000 jare terug is beheer by baie gode, as die plan millenuims later glo generasie z KI* sal alles beheer as die plan… God dank die beste plan is nooit wat realiseer *Wikipedia Kunsmatige intelligensie (KI) is die […]
Dagboek van seisoene
soos ’n droom kruip winter uit die dagboek van seisoene en poets haar skoene witter-en-witter-en-witter met die ryp se gryp totdat hulle sneeuwit skitter sy vlokkiespoor met grasie oor die landskap prentjie ’n volmaakte komposisie onder yl heuningstrale van die son se missie meesterlik uitgebeitel lê skitterende landskapsvisioene gedagboek in lig en skadulyne van die […]
Kind wat het van jou geword
kinder, kindste van my wat het van jou geword ek sien jou nie meer glimlag in die spieël kinder, kindste ons vry‘nes verniel en ons dagdrome ingekort kinder, kindste van my wat het van jou geword jy kon speel, kon gee, kon voel en jou kinderhart kon leef, sy doel om te raak daar […]
In my diep blou
In die diep blou see se branders swem my drome soos ‘n sorgvrye siel saam met golwe wat eb en vloed oor al my geheime saam met stories wat kom en gaan onder die diep helder blou hemel waar vrede my na rus bring op ‘n heilige plek waar ek eendag sal vergaan. © April […]
Miskien
Want hier vind ek jou altyd ‘n mooi skemerslig silhoeët ‘n suiwer sielsprentjie miskien is jy my dagdroom my wakende oomblik se asemhaal jy dans in my gedagtes speel in die dieptes van my hart jou stem eggo alom my ure jou glimlag straal soos die môre son verlig die donkerste van my nag miskien […]
Mei 2024 – OOP Projek
Beste INKers Ek het onlangs ‘n heerlike aanhaling gelees, en alhoewel ek nie suksesvol was om die outeur te identifiseer nie, wil ek dit tog deel: “Jou bestaan is soos die eerste dag van my lewe in die koudste winter.” – Onbekend Nou dat ons so op die welkom-mat van die winter staan, hoop en […]
woord-apopleksie
uit die mond van ‘n suigeling kan jy dalk die ongekunstelde waarheid hoor dan moet sy omgewing darem ook suiwer wees vry van bevuilde taal-omgewing en stryd soms kom digter se gedagtes krom en skeef met nadelige gevolge oor die eter van die gehoor dikwels word gedagtes, woorde en gedigte vertolk as […]
MY EIE JAS
MY EIE JAS Met jou hande oopgekelk soos ’n lelie in die veld. ontvang jy dít wat ek kan gee die egtheid van my vriendskap al die mooi onthou al die swaar, die seer, die rou! Jy neem dit, vorm ’n goue draad. weef daarmee vir my ’n snoesige warmjas een wat net vir […]