My woorde in swart ink sal voortleef
My woorde in swart ink sal voortleef ek bid dat my brein nooit sal faal sodat my gedagtes altyd in die selgange van my brein sal ronddwaal sodat die letters en woorde in swart ink vir altyd op papier sal voortleef met die hoop dat my sinne sal voorttrippel tot reëls wat met heuningsoet […]
Afrikaner se Arbeid Adel
Afrikaner se Arbeid Adel Afrikaner, eendag eendag lank lank gelede het jy in geloof spore in die sand getrap met perd, ossewa, seer voete oor berge getrek gevlug van onderdrukking met God en gebede om in nuwe toekoms vir jou nasate uit te kap Afrikaner, jy’t gesien spiere bult en swepe swiepend klap gehoor hoe […]
maar net ‘n mat
op hierdie vloer lê mat so sag elke stewel vind sy pad en lag deur sy vesels waai sagte wind in huis waar liefde hom verkind wat sagte geheime dra van mag © Tearlach.
Die Kaapse Dokter
Die Kaapse Dokter jy bestorm die Kaap gewetenloos en volstoom met weervoospelling wat dae tevore oor jou waarsku jy, die winterwind is koud, skraal en smoorkwaad terwyl die beeldskone Kaapstad sonder teenstand met afwagting op jou geweld en vernielsug wag selfs met elke voorbereiding en rampbestuur kon niemand oor jou spierkrag droom netwerke […]
Seisoen-stof (Silwer)
Seisoen-stof Tyd sluip soos skadu’s langs ons in stilte gly die ure verby ongesiens … traag hy dra herinneringe, hy dra verlange sy voetspore verdwyn in die stof warrel en waai in die wind. Ons kyk terug na wat eens was, baie gelag, baie gehuil ou spore deur die jare verwond, gebreek … vergeet, […]
keratien
op my voete, waar die gewig rus, my tone se naels, droog en broos, soos breekbare plate, breek maklik los as ek hulle nie met liefde versorg nie hul keratien, soms pienk of geel gekleur, krummel en val, soos somertrane lank; maar wanneer hulle gesond is, o so mooi ek stap, om ‘n rots, […]
(on)verganklikheid
vanmôre glooi sonskyn oor verlate see, en ons vergeet hoe vinnig alles verbygaan. wingerd se blare val, die storms kom en gaan, wat bly, is net ‘n oomblik se skaduwee van verlede berge bly staan, sterre skyn aan helmeltrans, liefde bly bestaan, ook wanneer ons verbygaan. want in ons hart, waar geheue […]
Dansmaats
my sweet bars uit sonder oefening my mond is droog sonder waternood en my brein staan stil as ons stadig langarmdans jou sweet bars uit in oefening jou mond is droog in waternood en jou brein flits rond as ons vinnig losdans los of saam dans is wat ons gloede bepaal al is die uitkomste […]
lewe langs die grootpad (Goud)
die vee en die hoenders wei houtgerus ‘n hanetree van die geelstreep kinders spring tou en speel draadkar-draadkar met stowwerige wange en kniekoppe in die boksies gaan die lewe aan en elke ses-en-twintig sekondes word ‘n kind gebore © Elmarie Nienaber Van Kampen, 2024