huil
my hart ween soos die Suid-Ooster om my karveel
my gedagtes verward en in sinnelose chaos verdeel
hierdie mòre, sê ek vir my : is dié dag nie meer nag
helder klots die branders teen die kaai waar ek wag
kransduif se gebrom, lastig soos ‘n pes, laat my stom
gewoonlik verjaag ek haar, maar vandag is ek dom
.
trane drup oor my siel, van gister se rou-besiel
trane van vreugde, oor nog een geredde siel
© Tearlach.
‘n Karveel was ‘n vinnige soort seilskip wat veral in Spanje en Portugal gebou is.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.