Jongste aktiwiteit:

Seisoen-stof (Silwer)

Seisoen-stof

 

Tyd sluip soos skadu’s langs ons

in stilte gly die ure verby

ongesiens … traag

hy dra herinneringe,

hy dra verlange

sy voetspore verdwyn in die stof

warrel en waai in die wind.

Ons kyk terug na wat eens was,

baie gelag, baie gehuil

ou spore deur die jare verwond,

gebreek … vergeet,

woorde wat soos herfsblare val,

nou slegs ’n fluistering in jaargetye se taal.

Ver weg lê die drome nou vervaag,

ons staar na herinneringe wat ons dra.

Die winter kom nader in koue lag,

sy wit greep oor alles wat nog wag.

Sal ons in die lente weer wil waag,

Om die sirkel te herhaal?

Sal ons die lig sien straal,

van somerson tot herfs se kreun,

tot alles weer stof en grond

en tydloos kalm sal wees.

 

©MarleneErasmus

13/11/2024




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed