Die Kaapse Dokter
Die Kaapse Dokter
jy bestorm die Kaap gewetenloos en volstoom
met weervoospelling wat dae tevore oor jou waarsku
jy, die winterwind is koud, skraal en smoorkwaad
terwyl die beeldskone Kaapstad sonder teenstand
met afwagting op jou geweld en vernielsug wag
selfs met elke voorbereiding en rampbestuur
kon niemand oor jou spierkrag droom
netwerke waarsku, skuilings word voorberei
skole sluit en mense haas hul om voorraad te koop
krimp haweloses ineen en staal hul reeds teen jou
vir dae lank voorspel hul die geweld
daar word voorberei,
netwerke is gereed,
rampbestuur beplan,
skuilings voorberei,
skole is gesluit,
mense bly binnenshuis,
die dag en datum word bepaal want
die Kaap word dalk ‘n rampgebied
dan tref jy gevoelloos en dodelik land en see
bome buig, word wortel en tak uitgeskeur en val om
motors waai o
m
mense huisloos
sonder krag
dakke
a
f geruk
s i n k p l a t e rondgeslinger
met hooggety en branders
slaan die branders 12 meter hoog
spoel dit oor restaurant se stoep
skuim jy saam by huise se deure en vensters in
terwyl jy tande wys en donderweer bliksemstrale slaan
moet liggame willoos sonder beskerming teen elemente stry
koud sny jy deur bibberlywe waar liggame
sonder klere onder ‘n hemel se plafon
papnat reën
… dan skielik … stilte
net so kom God se rukwinde in my lewe
dit ruk my heen en weer
snak ek na my asem as dit genadeloos om my swiep
voel ek klein en kragteloos
werp dit my stormsterk geestelik en emosioneel neer
as ek dan hulpeloos lê
hoor ek Sy sagte fluistering in Sy onsigbare briesie
tel Hy my sagkens op en gee my opnuut krag
en laat my neerlê in sy sagte liefdevolle hande
om my soos die Psalmdigter te lei na kalm water
waar daar geen storms, wind en gevaar my bedreig
en ek geestelik, emosioneel en liggaamlik kan rus
©Kopiereg Linda du Plessis 13/11/2024
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir November 2024 – OOP projek